Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Belhar: Orania se NG kerk sê nee vir wysiging
Dr. Kobus Gerber

Net 33,9% van Noord-Kaapland se sinode het Maandag in Kimberley ten gunste van die wysiging van art. 1 van die Kerkorde gestem.

Dit is die tweede sinode – die eerste was dié in Namibië – waar ’n tweederdemeerderheid van ja-stemme nie gehaal kon word nie.

Volgens ds. Mossie Mostert, ’n predikant in sinodale diens in Noord-Kaapland en skriba van die sinode, is 168 stemme uitgebring.

57 was ja-stemme, en 111 nee-stemme.

Die wysiging is nodig om Belhar as deel van die NG Kerk se belydenisgrondslag te aanvaar.

Die algemene sinode kan eers oor die wysiging stem as al die sinodes en gemeentes met ’n tweederdemeerderheid ten gunste daarvan stem.

Volgens dr. Kobus Gerber, hoofsekretaris van die NG Kerk, is daar op Maandag se sessie geluister na die NG Kerk in Afrika, die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika (VGKSA) en die Reformed Church in Africa oor dié brandpunt in die kerk.

Die Noord-Kaaplandse sinode sal Dinsdag die pad vorentoe bespreek.

Die NG kerk in Orania het vroeër al op Facebook gesê hy gaan teen die wysiging van die Kerkorde stem.

Carel Boshoff, voorsitter van Orania se kerkraad, het op Facebook geskryf drie sake moes ’n rol in gemeentelede se besluit speel.

Eerstens is daar groot onenigheid binne die kerk en dat selfs lidmate wat die meriete van die Belhar-belydenis se inhoud insien, wil nie hê dit moet tot belydenisskrif verhef word nie.

Verder is die insluiting van ’n belydenisskrif waarin lid­mate die keuse sal hê of hulle dit wil bely of nie, iets wat die kerk se verbintenis tot die belydenisgrondslag in “die algemeen ondermyn”.

Die opsie om te kan kies sodat ruimte vir Belhar geskep word, word ook as ongewens teenoor die belydenisskrif beskryf.

Daar word ook genoem dat die algemene sinode se voorstel nie verfyning toelaat nie, maar slegs ’n “eenvoudige ‘ja’ of ‘nee’ vir die nuwe belydenisskrif én die opsionele onderskrywing daarvan vereis”.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.