Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Benoemdes vir Man Booker-prys aangekondig

Die lang lys vir die Man Booker-prys, een van die wêreld se voorste literêre toekennings, is Woensdag bekend gemaak, het The Guardian berig.

Die skrywers wat die lys gehaal het, is Joshua Ferris, Richard Flanagan, Karen Joy Fowler, Howard Jacobson, Paul Kingsnorth, David Mitchell, Neel Mukherjee, David Nicholls, Joseph O’Neill, Richard Powers, Ali Smith en Niall Williams.

Daar was baie bespiegelinge oor hoe die lys geraak sou word deur vanjaar se reëlsverandering wat behels dat enige Engelse skrywer kon deelneem, solank hulle werke in Brittanje gepubliseer is.

Dit laat natuurlik die vraag ontstaan hoeveel Amerikaanse skrywers – indien enige – die lys sou haal. Daar is vier Amerikaners op die lys, maar geen Suid-Afrikaanse skrywer nie en ook net drie vroueskrywers.

Die lys sal nou verkort word na ses en die wenner sal in September aangekondig word.

​Lees meer hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.