Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bloemfontein-inwoners gewaarsku oor geen water op dié dae
Foto ter illustrasie: istockphoto.com

’n Wateronderbreking sal Donderdag in Bloemfontein se middestad en die woonbuurt Westdene voorkom om die nuwe waterpypleiding aan die bestaande waterstelsel te koppel. Dit gebeur op die hoek van Zastronstraat en Eerste Laan.

Qondile Khedama, hoofbestuurder van kommunikasie, sê die water-onderbreking sal soos volg voorkom: Donderdag om 14:00 vir onder meer die sluiting van die kleppe en die dreinering van die pypleiding, en om 18:00 vir die sny en samevoeging van die pype; Vrydag 3 Julie om 06:00 vir die oopmaak van die kleppe.

Khedama sê ’n beroep word op alle verbruikers van water in die Bloemfonteinse middestad en Westdene gedoen om die nodige voorsorgmaatreëls vir ’n voldoende watervoorraad te tref. Watertenks sal waar dit aangevra word, verskaf word.

Die Mangaung-metro wil Bloemfonteiners by voorbaat vir die ongerief om verskoning vra.

Lees ook:

Dié buurte in Bfn van Woensdag sonder water

Watertoevoer na hele Botshabelo onderbreek

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.