Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Boere-Boeddhis begin sentrum in Pretoria
Duan Pienaar oftewel agbare Gyalten Nyima, sover bekend die enigste Afrikaanssprekende praktiserende Boeddhiste-monnik ter wêreld, in sy tempel in Waverley, Pretoria. ­Foto: Alet Pretorius

Duan Pienaar is so Afrikaans soos die meeste Blou Bul-ondersteuners.

Sy geestelike lewe is egter op een van die hoogste spirituele vlakke van Boeddhisme – en dit in die hartjie van die Pretoriase Moot.

Pienaar (48), oftewel agbare Gyalten Nyima, is sover bekend die enigste “Boertjie-Boeddhis” ter wêreld wat deur die hoogs selektiewe Tantriese Boeddhiste in Balykuppe, ’n Tibettaanse gemeenskap in die suide van Indië, ingeseën is.

Lama Choden Rinpoche, sy leer- en inseëningsmeester, is naas die Dalai Lama die hoogste tantriese meester.

Choden Rinpoche, wat in Tibet aangebly het nadat kommunistiese China dié gebied in 1959 ingeval het, het Pienaar sy nuwe naam gegee.

Pienaar het begin vanjaar die Jang Chup Chopel, ’n sentrum vir geestelike lig, by sy huis in Waverley begin.

Dis oop vir elkeen wat op soek is na innerlike vrede.

Jy hoef nie ’n Boeddhis te wees nie.

In die sentrum met sy helder oranje mure en verskillende kleure strooikussings, leer Pienaar sy studente mediteer en oor barmhartigheid.

Pienaar sê die grootste wanopvattings oor Boeddhisme spruit uit onkunde. “Mense dink volgelinge buig voor beelde.

“Ons doen dit bloot uit respek vir hul Boeddhistiese leerstellings.

Boeddha is ’n leermeester en nie ’n god nie. Boeddhisme gaan oor hoe jy die innerlike mens kan verander.

“Boeddha is ’n leermeester en nie ’n god nie. Boeddhisme gaan oor hoe jy die innerlike mens kan verander.

“Hoe jy jouself kan verander. Jy moet verantwoordelikheid vir jou eie lewe neem.”

Hy het ’n “outomatiese konneksie” met dié geloof gehad, al het hy in die NG Kerk grootgeword en ook teologie aan Unisa gestudeer.

Volgens Pienaar het die fliek Kundun, wat oor die Dalai Lama handel, sy lewe verander – in so ’n mate dat hy toe op spirituele wegbreke gegaan het om die praktyk van meditasie te bemeester.

Pienaar het in ’n stadium ’n jaar lank by die Boeddhiste-tempel in Bronkhorstspruit gebly om meer te leer.

“Die grootste geskenk vir my sal wees as mense algehele innerlike vrede kan hê,” sê Pienaar terwyl hy op een van die kussings in sy tempeltjie gaan sit om die Boeddhiste-mantra 108 keer op te sê terwyl hy aan ’n string gebedskrale vat.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.