Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Boervrou moet wag op tyding oor ruggraat
Sonja van Wyk en haar lewensmaat, Hannes Mouton.Foto: Verskaf

'n Boervrou van Wepener sal eers na 'n operasie Woensdag hoor hoe groot die skade aan haar ruggraat is. 

Tans is Sonja van Wyk (42) van Weper nog onseker of sy weer sal kan loop nadat sy Dinsdag haar rug in ’n ongeluk gebreek het.

“Een van haar werwels het ontplof,'' het Hannes Mouton, haar lewensmaat, Maandag vertel. 

“Die dokters sê daar is ’n kans dat sy nie weer sal kan loop nie. Sy is baie gelukkig om te leef.

“Hulle kan dalk ook haar milt verwyder, want dit het ook gebars en bloei vreeslik. Hulle moet kort-kort vir haar nog bloed gee,”het Mouton gesê.

Van Wyk se ma, Ina, is ook baie bekommerd. “Ek is maar net hier om haar en Hannes by te staan. ’n Mens moet daar wees vir jou kind.”

Op Van Wyk se Facebook-blad is talle boodskappe wat haar sterkte toewens.

Mouton het gesê mense van oral oor die wêreld heen bid vir haar.

“Die hele Suid-Afrika het ons laat  weet  dat  hulle  aan haar dink en selfs mense van so ver as Nieu-Seeland en Australië bid vir haar.

“Ons is so dankbaar vir elkeen van hulle, asook dié wat op die ongelukstoneel gehelp het.

“Sy is so ’n stralende mens. Jy kan in ’n baie slegte bui wees, maar sy sal jou dag vinnig ophelder.

“As sy dit nie maak nie . . . ek sal eenvoudig net die plaas verkoop.

“Sy is my lewe! Ek kan nie sonder haar nie,” het Mouton hartseer gesê.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.