Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
‘2 000 ha’ reeds in veldbrand by Boshof verwoes
Rookwolke van ’n verwoestende brand is Vrydag sigbaar op die horison by Boshof in die Vrystaat. Foto: Amanda Oosthuizen

’n Verwoestende veldbrand het Vrydagmiddag in die Boshof-omgewing in die Vrystaat gewoed.

“Die vlamme is nog nie onder beheer gebring nie. Ai, my hart is so seer oor al die verwoesting wat dit agterlaat,” het ’n verslae Amanda Oosthuizen, wat saam met haar man, Nico, op hul plaas, Groenpunt, boer, aan Netwerk24 gesê.

Volgens Amanda het die brand omstreeks 13:00 op ’n buurplaas ontstaan.

“Rukwinde het die vlamme aangeblaas maar ons kon darem daarin slaag om te keer dat die brand na ons huis versprei,” sê sy.

Nico kon nie met sekerheid sê hoeveel van sy skape doodgebrand het nie.

“Daar is nog nie definitiewe getalle nie. Sowat 2 000 ha is reeds verwoes. Dit is ’n helse verlies.”

Lede van plaaslike sowel as aangrensende brandverenigings probeer om die brand in bedwang te bring.

Nico sê sy ouers, Nicolaas en Marietjie, se huis is twee jaar gelede in ’n brand in die omgewing verwoes.

“Toe het die vlamme soveel as 80 000 ha vernietig. Die brand het destyds ongeveer 45 km ver versprei voor dit onder beheer gebring kon word. Ek hoop nie dit is weer die geval nie. Die vlamme is nou besig om in die rigting van die Hertzogville-pad te versprei,” sê hy.

Hy wou nie oor die ontstaan van die brand bespiegel nie.

“Al wat ek weet, is dat die omvang van die skade aan weiveld en kuddes enorm is.”

Vlamme het laatmiddag steeds versprei. Foto: Amanda Oosthuizen

Meer oor:  Vrystaat-Brande  |  Boshof  |  Veldbrand  |  Veldbrande
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.