Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
2 dood in brand in hospitaal
Dr. Phophi Ramathuba, LUR vir gesondheid in Limpopo, buite die F.H. Odendaal-hospitaal in Modimolle in Limpopo waar ’n brand vroeg Dinsdagoggend uitgebreek het. Foto: Rudzani Tshikororo

Twee pasiënte is dood in ’n brand wat vroeg Dinsdagoggend in die F.H. Odendaal-hospitaal in Modimolle in Limpopo uitgebreek het.

Dr. Phophi Ramathuba, LUR vir gesondheid in Limpopo, het haar na die hospitaal gehaas om vas te stel wat gebeur het.

Neil Shikwambana, woordvoerder van die departement van gesondheid in Limpopo, sê die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.

Die name van die oorledenes is ook nog nie bekend nie.

Brandskade is te sien in die saal waar die brand uitgebreek het.

Hou Netwerk24 dop vir meer inligting.

Meer oor:  Limpopo  |  Dood  |  Brand  |  Pasiënte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.