Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
2 politici het ook brandskade in Knysna, Plet

Twee Wes-Kaapse LPW’s (lid van die provinsiale wetgewer) het skade gely in verlede week se brande in Knysna en Plettenbergbaai.

Drie huise en ’n kantoor op ’n eiendom in Belvidere naby Knysna wat aan die familie van Alan Winde, Wes-Kaapse LUR (lid van die uitvoerende raad) vir ekonomiese geleenthede en toerisme behoort, is vernietig.

Tertius Simmers, ’n nuwe LPW in die Wes-Kaap, Maandag met sy inhuldiging in Kaapstad.

Tertius Simmers, wat pas as LPW ingehuldig is, se huis op Kranshoek naby Plettenbergbaai het afgebrand.

Vir Simmers het dinge die afgelope tyd vinnig gebeur.

Hy is Maandagoggend ingehuldig as LPW, maar ná die brand was sy gedagtes nie net by die politiek nie.

Hy woon in George en was tot onlangs lid van die Eden-stadsraad. Sy huis in Kranshoek wat afgebrand het, is die plek waar hy en sy gesin soms gaan uitspan. Hy sê daar was gelukkig niemand tuis tydens die brand nie.

Verlede Dinsdag is hy Kaapstad toe om reëlings te tref vir sy nuwe loopbaan as LPW.

Hy was Donderdag saam met premier Helen Zille toe sy die brandgebiede besoek het.

Hy kon nie sy ouers kontak wat in Kranshoek woon nie en het eers die naweek verneem sy huis het afgebrand. Sy ouers is veilig.

Niemand in die Suid-Kaap het verwag wat sou gebeur nie en dit het ons onkant betrap
Tertius Simmers, LPW

Saterdag wou hy gaan kyk wat aan die gang is, maar die pad tussen Sedgefield en Knysna was gesluit.

Hy wil dié naweek na die skade gaan kyk.

“Ek is deel van die breë gemeenskap. Niemand in die Suid-Kaap het verwag wat sou gebeur nie en dit het ons onkant betrap.

“Materiële dinge kan vervang word. Daar is mense wat gesterf het en hul lewe kan nie vervang word nie.

Alan Winde, Wes-Kaapse LUR van ekonomiese geleenthede en toerisme.

Winde sê sy huis in Belvidere het min skade, maar sy ouers en twee susters se huise en ’n kantoor wat hy in die verlede gebruik het, is afgebrand. Die vlamme het tot by die mure gebrand, die geute het losgekom en die hitte het van die vensters laat kraak.

Meer oor:  Alan Winde  |  Brandskade  |  Knysna  |  Politici  |  2  |  Brande
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.