Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
2 seuns brand dood in plakkershut

’n Brand in ’n plakkershut het die lewe van twee Oos-Kaapse seuns geëis.

’n Vrou, wat vermoedelik die ma van minstens een van die twee seuns van onderskeidelik sewe en 12 jaar oud is, het hulle blykbaar Maandag omstreeks 22:00 alleen in ’n plakkershut in die Khabakazi-nedersetting in Centane gelos.

Dinsdag in die vroeë oggendure is sy laat weet dat haar plakkershut in ligte laaie is, lui ’n polisieverklaring.

Albei seuns is na die Tafalofefe-hospitaal naby Butterworth gehaas.

Die sewejarige seun is met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar en die ouer seun is Woensdagoggend in die hospitaal dood.

Kapt. Jackson Manatha, polisiewoordvoerder, het Donderdagoggend gesê dit is nog onduidelik of die twee seuns broers was, aangesien die vrou wat na hulle omgesien het, nog te getraumatiseerd is om met die polisie te praat.

Die name van die twee seuns word nog weerhou.

’n Ondersoek word gedoen om die oorsaak van die brand vas te stel, asook hoekom die seuns die aand van die brand alleen gelaat is.

Meer oor:  Kinders  |  Plakkershut  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.