Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
200 dakloos ná brand in Kaapse buurt
Meer as 100 strukture het in die Kaapse informele nedersetting Masiphumelele afgebrand. Foto: Wikipedia

Byna 120 strukture is Sondag in die vroeë oggendure by die Masiphumelele- informele nedersetting naby Kommetjie in die Wes-Kaap verwoes.

211 mense word geraak, het die stad in ’n verklaring bevestig.

Skuiling word in die Masiphumelele-gemeenskapsaal gebied aan dié wat dakloos gelaat is.

Die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) is gevra om humanitêre noodverligting te verskaf. Verskeie diensverskaffers van die Kaapse metro is ook op die brandtoneel om hulp te bied aan inwoners wat hul huise en besittings verloor het.

Die brand het blykbaar kort ná 01:00 ontstaan en die brandweer was op die toneel. Die oorsaak is nog onbekend en niemand is beseer nie.

Meer oor:  Informele Nedersetting  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.