Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
2de klaskamer naby Lichtenburg afgebrand

’n Tweede mobiele klaskamer is in minder as ’n maand by ’n betreklik nuwe skool naby Lichtenburg afgebrand.

Die mobiele klaskamer in Blydeville naby Lichtenburg wat tot op die grond afgebrand het.

Volgens Elias Malindi, woordvoerder van Noordwes se onderwysdepartement, het toelatingsaansoeke vir 2020, handboeke, onderwysers se lêers, take van leerlinge en sportdrag in die brand Maandag by die Rekgonne Secondary School in die slag gebly.

Mmaphefo Matsemela, LUR vir onderwys in die provinsie, het haar skok en afgryse oor die brand by die skool in die Blydeville-township uitgespreek.

Lede van die gemeenskap het na bewering die mobiele klaskamer, wat vir administrasiedoeleindes gebruik is, in die vroeë oggendure afgebrand. Dis nie duidelik hoekom hulle dit gedoen het nie en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Op 22 Julie het die gemeenskap ook een van die mobiele klaskamers afgebrand.

Die skool het in Januarie 2017 met 141 gr. 8-leerlinge begin. Volgens Malindi was daar aanvanklik vier mobiele klaskamers, waarvan een as ’n personeelkamer en die ander as ’n stoorkamer gebruik is. Bykomende mobiele klaskamers is afgelewer toe gr. 9-leerlinge in 2018 tot die skool toegelaat is.

Matsemela sê sy is diep teleurgesteld en het ’n beroep op die gemeenskap gedoen om die skuldiges te identifiseer en by die polisie aan te gee.

“Die afbrand van die mobiele klaskamers is ’n barbaarse voorval. Die brand en vernietiging van skooleiendom neem ons provinsie ’n stap terug in die proses om die infrastruktuur-uitdagings by skole te pak. Die mobiele klaskamers was ’n tydelike reëling omdat daar planne is om ’n nuwe skool in die gebied te bou.

“Die brand het ’n negatiewe uitwerking op leer- en onderrigbedrywighede. Die skool se beheerliggaam het nou ’n dringende vergadering met ouers vir Vrydag gereël.”

Meer oor:  Lichtenburg  |  Skool  |  Klaskamer  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.