Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
30 dakloos ná brand in Manenberg

Altesaam 30 mense is dakloos gelaat nadat twee informele strukture heeltemal verwoes is en ses wonings ernstige brandskade opgedoen het in ’n brand wat Dinsdagaand by ’n woonstelblok in Manenberg uitgebreek het.

Inwoners moes uit hul wonings ontruim word terwyl brandbestryders die vlamme probeer blus het.

Inwoners van Manenberg kyk toe terwyl brandweermanne ’n brand by die Helen-hof-woonstelblok probeer blus. Foto: Verskaf

Edward Bosch, woordvoerder van die Kaapstadse brand-en-reddingsdienste, het gesê hul spanne is omstreeks 21:30 na die toneel by Helen-hof in The Downsweg ontbied.

“21 brandweermanne, drie brandweerwaens, twee watertenkers en ’n reddingsvoertuig is uitgestuur,” het Bosch gesê.

Die brandweer het 90 minute gespook om die brand te blus.

“Ses wonings is deur die brand beskadig en twee informele strukture het uitgebrand, terwyl 30 mense haweloos gelaat is,” het Bosch bygevoeg.

Volgens Bosch is ’n man tydens die brand beseer en het hy op die toneel behandeling ontvang.

Die oorsaak van die brand is in hierdie stadium steeds onbekend.

Meer oor:  Manenberg  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.