Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
4 dood in brande in Kaapse metro
Een van die hutte wat in die brand by Zola Farm, Mamre, beskadig is. Foto: Verskaf

Die brandweer het Sondag hul hande vol gehad met drie brande op verskillende plekke in die Kaapstad-metro.

Vier mans is dood in die drie brande.

In die eerste voorval het die brandweer omstreeks 02:30 aangekom op die toneel van ’n brand by Garden City, Eersterivier. Die brand was reeds teen 03:00 geblus, waarna die lyk van ’n man gevind is in een van die woonstrukture wat gebrand het.

Om 07:00 is die brandweer uitgeroep na ’n brand in ’n informele nedersetting in Mandela Park, Khayelitsha.

Jermaine Carelse van die Kaapstadse brandweerdiens sê die brandweer het hier ook op die lyk van ’n man afgekom.

Die derde brand was by Zola Farm naby Mamre, waar die lyke van nog twee mans gevind is.

Al drie die brande was in informele nedersettings. Die oorsake van die brande is nog onbekend.

In die brand by Eersterivier is twee wonings in puin gelê en ses mense is dakloos gelaat. In die Mandela Park-brand is twee wonings uitgebrand en 13 mense dakloos gelaat.

By Zola Farm is een woning uitgebrand.

Meer oor:  Kaapse Metro  |  Brandbestryding  |  Brande
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.