Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
4-jarige wat in brand sterf se naam bekend

Die vierjarige seun van Port Elizabeth wat dood is nadat ’n brand in hul huis uitgebreek het, is as Umayr Elliot geïdentifiseer.

Hy het onder sy bed weggekruip terwyl vier ander kinders en ’n huiswerker uit die brandende huis gehardloop het.

Die brandende huis in Aubreystraat in Gelvandale, Port Elizabeth, waar die vierjarige seun Dinsdag dood is.

Hy was bewusteloos toe brandbestryders hom Dinsdagmiddag uit sy ouerhuis in Gelvandale gebring het. Paramedici het onmiddellik probeer om hom by te bring, maar hy is dood verklaar. Die res van die kinders is vir rookinaseming behandel.

“Hy het nie gebrand nie, die rook het hom vermoedelik oorval,” sê kapt. Johan Rheeder, polisiewoordvoerder.

Netwerk24 het vroeër berig inwoners van die straat het waterbottels aangedra om die vlamme te probeer blus. Inwoners bespiegel dat een van die kinders in die huis met ’n aansteker gespeel het en die brand veroorsaak het.

Rheeder sê dit is slegs bewerings en die polisie moet nog verklarings van die slagoffers bekom.

Volgens die polisie se inligting was die huiswerker Dinsdagoggend besig om op die onderste verdieping van die huis te werk terwyl vyf kinders op die boonste verdieping gespeel het. Toe die kinders by die trappe afhardloop, het die huiswerker ondersoek ingestel en haar teen die vlamme op die boonste verdieping vasgeloop. Rheeder sê die huiswerker en Umayr se familie was Dinsdag te ontsteld om verklarings af te lê.

“Geen misdaad word vermoed nie. Die polisie het ’n geregtelike doodsondersoek geopen.”

Meer oor:  Umayr Elliot  |  Port Elizabeth  |  Brand  |  Sterfgeval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.