Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
4 kinders ontsnap uit brandende woning, 2 vroue dood

Vier kinders het Woensdagaand aan die dood ontkom nadat hulle uit hul brandende woning naby Blue Downs, Kaapstad, ontsnap het. Twee volwassenes is in die brand dood.

Die brand het by ’n opgerigte struktuur op ’n erf in Highgate, naby Blue Downs, uitgebreek, waarna die brand na die hoofhuis versprei het.

Jermaine Carelse, woordvoerder van die Kaapstad-metro se brand-en-reddingsdienste, sê twee seuns en twee meisies het uit die brandende struktuur gevlug. “Die lyke van twee vroue is in die puin gevind nadat die brand geblus is.”

Vier kinders het Woensdagaand uit ’n opgerigte struktuur ontsnap nadat ’n brand in hul woning in Highgate, Kaapstad, uitgebreek het. Foto: Verskaf

Dit is in hierdie stadium onduidelik wie die twee vroue is.

Volgens Carelse is die stad se brand-en-reddingsdienste om 19:50 na die toneel in Syrus Gate-straat uitgeroep.

Brandspanne van Kuilsrivier, Belhar en die Strand is onmiddellik na die toneel uitgestuur.

“Die brandbestryders het gesien die hele struktuur is besig om te brand toe hulle daar aankom. Die brand was toe besig om na die hoofhuis te versprei,” sê Carelse.

Hy sê die brand is om 20:50 geblus, waarna die twee lyke gevind is.

Die oorsaak van die brand is nog onbekend. Die polisie stel ondersoek in.

Die polisie het nie dadelik op navrae gereageer nie.

Meer oor:  Kaapstad  |  Brand  |  Brandweer  |  Kinders  |  Dood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.