Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
5-jarige sterf in brand in Kaapstad

’n Kleuter is Maandagoggend in Nyanga, Kaapstad, dood nadat die huis waarin hy gewoon het, aan die brand geraak het.

Jermaine Carelse, woordvoerder van die nooddienste in Kaapstad, sê die seun is vermoedelik vyf jaar oud.

“Die brandweer is omstreeks 07:10 ontbied na ’n brand in Freedom-weg in Nyanga,” sê hy.

“Die kleuter is op die toneel dood verklaar.”

Hy sê ’n man het ook erge brandwonde opgedoen. Hy is in ’n hospitaal opgeneem.

Kapt. Frederick van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder, het Maandagmiddag bevestig dat die polisie die brand ondersoek.

"Ons kan bevestig dat 'n vyfjarige seun dood is weens die wonde wat hy opgedoen het. Die seuntjie was saam met sy pa, wat op krukke was. Die pa is in die hospitaal opgeneem."

Meer oor:  Nyanga  |  Kaapstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.