Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Aansoeke vir vergoeding ná brande geassesseer
Die pad na Brenton-on-Sea in Knysna kort ná die brande in Junie verlede jaar. Foto: Jackie Kruger

’n Span kundiges, onder wie projekbestuurders, omgewingskonsultante, ingenieurs en landmeters, is besig met die assessering van aansoeke vir toelae-finansiering in die Tuinroete ná die verwoestende brande in Junie verlede jaar.

Dit is finansiering waarvoor departemente of plaaslike regerings kan aansoek doen om vergoed te word vir herstelwerk wat gedoen is of nooddienste wat gelewer is ná rampe.

In ’n verklaring van die Garden Route Rebuild Initiative sê Gerhard Otto, bestuurder van die nooddienste in die Eden-distriksmunisipaliteit, dat dié span in diens is van die KwaZulu-Natalse maatskappy Focus Project Managers and Quantity Surveyors. Hulle is deur die nasionale rampbestuursentrum aangestel as die diensverskaffer vir die assesserings.

Volgens Otto het die grootte en omvang van die aansoeke uitgebrei soos amptenare en beplanners die presiese aard en mate van die ramp besef het.

In die tyd ná die brande het die toestand van sommige paaie byvoorbeeld agteruitgegaan, hoewel die rante gestabiliseer is ná die ramp. Dié koste is ook by die aansoek gevoeg.

Terselfdertyd is gevoel dat die verwydering van indringerplantegroei baie belangrik is omdat bome soos bloekoms en rooikrans begin ontkiem het, en die klein boompies verwyder moet word terwyl dit nog uitgetrek kan word en voordat dit in ’n groter probleem ontaard.

Volgens Otto is daar twee verskillende soorte toelae – dié vir noodgevalle en dié vir die finansiering van rehabilitasie- en herstelwerk ná rampe.

Die toelae vir noodgevalle dek die koste van projekte wat onderneem moet word in die eerste drie maande ná die ramp, en wat in daardie tyd betaal is deur die betrokke munisipaliteit.

Die geld daarvoor het meestal uit die munisipaliteit se bedryfsbegroting gekom.

Die mate en koste van windskade aan HOP-huise in die George-gebied word ook bepaal en geverifieer.

As die aansoeke suksesvol is, sal die toelae die munisipaliteit vergoed en meebring dat sy begroting die volle termyn sal deursien.

Die finansiering vir rehabilitasie en herstelwerk dek langtermynprojekte soos die herstel van infrastruktuur.

Hoewel die skade wat die brande veroorsaak het uitgebreid is, het talle gebiede ook skade gely weens stormsterk wind van tot 97 km/h. Die koste vir die herstelwerk van dié skade is ook in die aansoeke ingesluit.

Die mate en koste van windskade aan HOP-huise in die George-gebied word ook bepaal en geverifieer.

Volgens Otto behoort die span vandeesweek die assesserings af te handel, waarna ’n finale lys van projekte vir toelae-finansiering geïdentifiseer sal word.

Dr. Hildegarde Fast, voorsitter van die Garden Route Rebuild-bestuurskomitee, het onder meer benadruk dat geen van die noodtoelae-finansiering of die rampfinansiering aan individuele slagoffers van die brande of storms uitbetaal word nie.

Vir meer inligting besoek www.gardenrouterebuild.co.za.

Meer oor:  Gerhard Otto  |  Brandskade  |  Knysna-Brande  |  Skadevergoeding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.