Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Vrystaat-brande: Agri SA gee R300 000

Agri SA het Woensdag ’n skenking van R300 000 aan Vrystaat Landbou gemaak om boere en plaaswerkers wat deur die verwoestende brande in die Vrystaat geraak is, by te staan.

Meer as ’n 100 000 hektaar weiveld is in ’n verwoestende brand die afgelope vier dae in groot gedeeltes van die Vrystaat en Noord-Kaap vernietig.

Honderde stuks vee en wild het in die brand gevrek en huise is geheel en al verwoes.

Gebiede soos Boshof, Dealesville, Hertzogville en Hoopstad is ernstig deur die verwoestende brand geraak.

Die brand het in ’n noordwestelike rigting na Boshof in die Noord-Kaap beweeg.

Brande woed Dinsdagoggend naby Boshof in die Wes-Vrystaat. Teen die middag is reeds sowat 100 000 ha weiding in die distrikte Boshof, Hertzogville en Dealesville afgebrand. Foto: Mlungisi Louw

“Tans is die brande onder beheer, maar lede van Vrystaat Landbou asook die FS-sambreelbrandbeskermingsvereniging hou ’n wakende oog oor die situasie,” lui ’n verklaring deur Agri SA.

Die brand is deur betogers veroorsaak wat bande aan die brand gesteek het tydens ’n diensleweringsprotesaksie.

Sterk winde wat oor die Vrystaat voorgekom het, het die vlamme aangedryf.

Vrywilligers en boere het saamgewerk om die brande te blus. Van die mense wat ingespring het om te help het ernstige beserings opgedoen.

“Vrystaat Landbou en Agri Noord-Kaap is besig om ’n opname op grondvlak te doen om die omvang van die skade te bepaal. Die dringendste behoefte is om boere by te staan met die herstel van infrastruktuur soos heinings om vee wat tydens die brande gevlug het, te beveilig,” sê Agri SA.

Die organisasie sê veevoer en die vervoer daarvan is van kritieke belang.

Agri SA het ’n beroep op die privaat sektor gedoen om skenkings direk aan Vrystaat Landbou te maak. 

Meer oor:  Agrisa  |  Skenkings  |  Vrystaat-Brande
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.