Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Alice se landdroshof in puin gelê

Die landdroshof in Alice in die Oos-Kaap is verwoes nadat ’n brand daar ontstaan het.

Volgens Steve Mahlangu, woordvoerder vir die departement van justisie en korrektiewe dienste, is dit nog ’n raaisel wat Vrydagmiddag tot die brand gelei het.

Die plaaslike polisie help in die ondersoek, sê Mahlangu in ’n verklaring.

Net die streekshof, wat in ’n afsonderlike gebou geleë is, het behoue gebly. Die landdroshofgebou, geleë in Long Marketstraat, is geheel en al verwoes.

Die landdroshof se gebou in Long Marketstraat, Alice, het Vrydagmiddag afgebrand. Dit is nog onseker hoe die brand ontstaan het. Foto: Zenathi Mbenya/Facebook

Niemand is in die voorval beseer nie, sê Mahlangu.

Die departementele provinsiale bestuur sal in die komende week dringend vergader om ’n weg vorentoe te bespreek.

Alice se inwoners sal hierna in kennis gestel word oor hoe die hof voortaan sake sal benader.

Nie die brandweer, polisie of buurtwag van Alice kon Saterdag telefonies bereik word om die voorval te bevestig nie.

Meer oor:  Alice  |  Oos-Kaap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.