Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Bejaarde ontsnap ternouernood aan brand

’n Bejaarde man van Bloemfontein is gelukkig om te leef nadat sy huis aan die brand geraak het.

Een van die vertrekke van die huis in Bochabela, Bloemfontein, wat afgebrand het. Foto: Verskaf

Die man, in sy 70’s, het ernstige besering opgedoen en al sy besittings verloor toe sy huis in die Bochabela-woonbuurt afgebrand het.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê met die paramedici se aankoms Saterdagmiddag omstreeks 15:30 by die huis in Mankwestraat was die brandweer reeds op die toneel.

Die man het op die sypaadjie buite sy huis gesit. Hy is op die toneel vir erge rookinaseming behandel en toe na ’n hospitaal geneem.

Volgens ooggetuies was die man nog in sy huis toe dit begin brand het. Dit is nog onduidelik hoe hy van die brand ontsnap het.

Meer oor:  Russel Meiring  |  Bloemfontein  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.