Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Bejaarde sterf toe haar huis brand

’n Bejaarde vrou is Donderdag in ’n brand by haar huis in Lentegeur, Mitchells Plain, dood.

Jermaine Carelse, woordvoerder van die brandweer-en-reddingsdienste in Kaapstad, sê hulle het om 00:40 ’n noodoproep ontvang van ’n huis wat in Orchidstraat aan die brand is.

“Veertien brandbestryders, drie brandweerwaens en ’n reddingsvoertuig is uitgestuur. Toe hulle op die toneel aankom, het hulle ’n skakelhuis gekry wat brand.

Jermaine Carelse, woordvoerder van die brandweer-en-reddingsdienste in Kaapstad. Foto: Verskaf

Volgens die bure was een persoon vermis.”

Carelse sê die 77-jarige vrou se lyk is in die huis gekry. Sy is vermoedelik weens rookinaseming dood.

“Die brand is om 01:45 geblus en ’n bou-inspekteur is ingeroep om te bepaal hoe veilig die struktuur is omdat die een helfte heeltemal afgebrand het.”

Meer oor:  Mitchells Plain
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.