Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Boer sterk aan ná erge brandwonde

’n Jong boer van die Schweizer-Reneke-omgewing in Noordwes was Saterdag stabiel nadat hy Woensdag ernstige brandwonde opgedoen het toe hy van sy skoonpa se bakkie geval het.

Brandslaners besig om voorbrande te maak as deel v
Brandslaners besig om voorbrande te maak as deel van hul brandbestrydingspogings in die Amalia-omgewing in Noordwes.

Wimpie Koenig (36) en sy skoonpa, Cornie van den Heever (66), het gehelp om die brande wat heelweek in die omgewing gewoed het, te blus toe die brand skielik handuit geruk het weens wind en reg rondom hul bakkie begin brand het.

“Wimpie was op sy voete en het toe bo op die bonnet van die bakkie gespring en ek het deur die vlamme gejaag. Hy het gegly en afgeval langs die vlamme op die pas gebrande polle gras wat toe nog gegloei het,” sê Van den Heever.

Hy sê hulle het ’n ambulans vanaf Klerksdorp (sowat 153 km verder) laat kom en gereël dat hulle die ambulans halfpad sal ontmoet.

“Die ambulans het ons tussen Schweizer en Wolmaransstad gekry. Ons het hom toe oorgelaai en hy is sedertdien in die waakeenheid van die Wilmed Park-hospitaal in Klerksdorp.

“Hy het 55% brandwonde opgedoen, veral op sy bene en baie pyn gehad, maar dit gaan nou beter. Hy was die hele tyd by sy volle positiewe, kan praat en het vandag (gister) selfs bietjie gelag,” sê Van den Heever.

Corlize, Wimpie se vrou, sê hulle is geweldig dankbaar dat God haar man se lewe gespaar het. “Ons glo God sal hom volkome genees en ons waardeer al die gebede,” sê sy.

Meer oor:  Schweizer-Reneke  |  Boere  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.