Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Boere blus brand langs N1 by Koppies

’n Veldbrand wat Dinsdag langs die N1 naby Koppies in die Vrystaat ontstaan het, is deur boere geblus nadat dit weer twee keer opgevlam het.

Die brand is vermoedelik veroorsaak toe twee voertuie omstreeks 11:15 op die pad gebots het.

Pieter Kemp, brandbeheerbeampte van die Vaal-Eden-Brandvereniging, sê die brand het weer twee keer opgevlam nadat dit aanvanklik geblus is.

Debbie Prinsloo, voorsitter van die voorvalbestuursentrum in die Fezile Dabi-distrik, sê niemand is beseer in die ongeluk nie.

“Die voertuie was op pad na Johannesburg toe ’n motor in ’n bakkie met ’n sleepwa vasgery het.”

Konst. Peter Kareli, polisiewoordvoerder, het die ongeluk bevestig.

“Die ongeluk was net na die Engen-vulstasie voor die Koppies-afrit.”

Meer oor:  Vrystaat  |  Koppies  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.