Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Boere bly paraat teen brande in Boshof

Boere van Boshof was Vrydagaand steeds op bystand om seker te maak veldbrande in die omgewing vlam nie weer op nie.

Willem van Niekerk van Boshof se brandvereniging sê die brande wat weens weerlig ontstaan het, is almal geblus, maar hulle hou boomstompe en miskoeke dop wat moontlik nog smeul en weer die veld aan die brand kan steek.

Boere van Boshof hou steeds die veld dop om te keer dat die wind sekondêre veldbrande veroorsaak waar boomstompe en miskoeke nog smeul.

Sowat 4 000 ha weiveld is in Donderdag se brande vernietig.

Van Niekerk sê dit is baie belangrik om só sekondêre brande te voorkom.

Donderstorms het Donderdag vir die soveelste keer vanjaar tot brandskade in die omgewing gelei.

Van Niekerk sê dit het nog nie hier gereën nie en die veld is baie droog. Dit veroorsaak dat die weerlig maklik weiding aan die brand steek.

“Net die vroue en ou mans kon Donderdagaand ’n biduur vir reën bywoon, die jonger mans was almal in die veld besig om veldbrande te blus,” sê hy.

Die boere het tot laatnag gespook om die brand in bedwang te bring.

Foto’s wat met ’n hommeltuig geneem is, wys hoe groot die skade in die Boshof-distrik is.

Die veldbrande het noord van Boshof in Christiana se rigting ontstaan.

Sterk wind het die brande aangedryf en Van Niekerk sê die veld het oor ’n gebied van minstens 6 km wyd gebrand.

Boere moes deur die nag werk om veldbrande in die Boshof-distrik onder beheer te bring.

Inwoners het met meer as 50 bakkies opgedaag om te help om die brande te blus, sê hy.

Minstens vyf plase het afgebrand en Henk Vorster, eienaar van die Makulu-wildplaas, sê minstens 2 500 ha van sy plaas is in die brand vernietig.

Dié plaas is buite Boshof op die Warrenton-pad.

Vorster sê die distrik word al die heeljaar deur veldbrande geteister, maar dit is die eerste keer wat hy vanjaar skade ly.

Vorster sê weerlig het die afgelope tyd heelwat veldbrande veroorsaak.

“Die wind het gedurig van rigting verander en tot op agt verskillende plekke gebrand.” sê hy.

Meer oor:  Donderstorms  |  Veldbrande
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.