Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Boshof-brand: Koeie, kalfie wat vlamme oorleef gee boervrou hoop

“Ek noem hulle my koeie van hoop want hulle het die brand oorleef.”

So praat Susna Botha, boervrou van die plaas Gunsteling oor die drie koeie en hul kalfie wat Vrydag ’n ernstige veldbrand in die Boshof-streek in die Vrystaat oorleef het wat duisende hektaar weiveld verwoes het.

Susna het haar man, Jaco, gehelp om vee na ’n veilige area aan te jaag terwyl brandverenigings die vlamme in bedwang bring.

Die brand het omstreeks 13:00 op ’n buurplaas uitgebreek en is Vrydagaand omstreeks 20:30 geblus.

Dié drie koeie met ’n kalfie (agter die een in die middel) het Susna Botha van Boshof in die Vrystaat te midde van ’n dag van verwoesting weer hoop gegee. Foto: Susna Botha

“Ek moes in ’n stadium in die chaos kies om ’n groot trop beeste aan te jaag of dié drie koeie en hul piepklein kalfie wat daar gestaan het,” vertel Susna.

“Ek het met ’n swaar hart die groter trop aangejaag en moes toe vinnig padgee want die vlamme was oral,” sê sy.

“Toe ek sowat ’n uur later daar verbyry, sien ek dat hulle wragtig die brand oorleef het en nog daar staan. Ek het sommer daar en dan hulle my koeie van hoop gedoop om iets positiefs uit ’n dag vol drama te haal,” sê sy.

Die oorsaak van die brand en die omvang van die skade moet nog vasgestel word, maar Susna skat dat sowat twee derdes van hul weiveld verwoes is.

“Ons is gelukkig om nie enige vee te verloor nie. Boere van die distrik het saam met brandspanne ingespring om te help om die vlamme te bestry. Dit was ’n groot geskarrel, maar almal het hand kom bysit,” sê sy.

Meer oor:  Boshof  |  Brand  |  Veldbrande  |  Vrystaat-Brande
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.