Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Boshof-brand vlam weer op, maar nou in bedwang
brande, boshof
’n Skilpad staal hom vir die ergste terwyl die vuur weer “opgestaan” het op die Makhulu Safari Lodge, buite Boshof.

Hoewel die brande in die Boshof-distrik Vrydagnag weer opgevlam het, was dit teen Saterdagoggend grootliks geblus met verskeie brandbestrydingsorganisasies wat die situasie monitor.

Die brande het Vrydag omstreeks 23:30 weens ’n sterk wind weer opgevlam, maar is ’n uur later in bedwang gebring, sê ’n boer in die distrik.

Tot 80% van die plase in die Boshof-distrik het nou al sedert verlede Vrydag afgebrand.

Betogers het Sondag een van die brande gestig toe hulle buitebande buite Hertzogville aan die brand gesteek het.

17 mense het in verband hiermee in die hof verskyn.

Nog vier mense is volgens Frederik van Zyl, veiligheidskoördineerder van Vaalharts Landbou, Donderdagaand by Spitskop vasgetrek vir brandstigting. Die mans het in ’n goue Nissan Tiida met ’n Noord-Kaapse registrasienommer gery.

Intussen het die DA ’n beroep op dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, gedoen om die verbrande dele in die Vrystaat, Noord-Kaap en Noordwes tot rampgebied te verklaar.

Luidens ’n WhatsApp-groep wat die media op die hoogte hou van die brande, was al die opvlammings van die afgelope 24 uur teen 05:00 Saterdagoggend in bedwang.

Teen Saterdagmiddag was daar onder meer agt groepe van van Werk met Vuur (WoF) op die toneel, asook lugbystand.

’n Uitgebreide bepaling van die skade is ook Saterdag deur Johan Breytenbach, bestuurder van die Sambreel-brandbestrydingsorganisasie, uit die lug gedoen.

Meer oor:  Vrystaat  |  Boshof  |  Veldbrand  |  Brande
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.