Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
KYK: Gift of the Givers spring in om studente kos te gee

22:11

19:39

18:26

18:23

Die Dierebeskermingsvereniging was Sondag by die brandtoneel om vas te stel of enige diere seergekry het in die verwoestende veldbrand. Die DBV sal egter eers wanneer dit veilig is toegang tot die gebied kan kry.

18:20

18:18


17:23


Haweloses se vuur lei tot brand - Sanparke

Die oorsaak van die verwoestende brand by die Rhodes-gedenkteken, wat tot by die Universiteit van Kaapstad en verder versprei het, is volgens Sanparke deur hawelose mense langs Philip Kgosana-rylaan by Hospitaaldraai begin.

Philip Prins, Tafelberg Nasionale Park (TNP) se hoof van brande, sê ná verdere ondersoek blyk dit die brand is begin deur 'n vuur wat deur hawelose mense gemaak is en toe verlaat is.

TNP sê hulle is om 09:00 na die brand ontbied, met brandbestryders van die Nuweland-brandweerstasie wat eerste na die toneel is.

Die brand het vinnig na die Rhodes-gedenkteken versprei.

Daar was baie ou dennebome wat die vuur gehelp het om te versprei.

“Weens digte rookwolke en sterk stygwinde was dit byna onmoontlik vir lugbestryders om die verspreiding te keer,” sê Prins.

Daar is tans 129 brandbestryders van verskillende organisasies, vier helikopters en verskeie watertenkers op die toneel wat deur die Kaapse metro en TNP bestuur word.

Prins sê die restaurant by die Rhodes-gedenkteken het afgebrand.

Jermaine Carlese, woordvoerder van die metro se brandweer, sê een brandbestryder is hospital toe geneem nadat hy brandwonde opgedoen het.

Talle paaie om die brandgebied is steeds vir verkeer gesluit.


16:15

brand, tafelberg
Die brand gesien vanaf Hospitaaldraai in Kaapstad. Foto: Jaco Marais


16:01


15:30


15:12

brand
Nooddienswerkers help van die brandbestryders wat weens rookinaseming mediese hulp benodig het. Een van die brandbestryders is na die Kingsbury-hospitaal geneem. Foto: Abass Petersen
brand
Jermaine Carelse, woordvoerder van die Kaapse metro se brandweer, sê een brandbestryder is na 'n hospitaal geneem nadat hy brandwonde opgedoen het. Twee brandbestryders is reeds vir hul beserings behandel, waarvan die een nou hospitaal toe geneem is. Foto: Abass Petersen


14:54

Mostert se Meul
'n Foto wat die skade aan Mostert se Meul wys, asook omliggende geboue wat aan die departement van landelike ontwikkeling behoort wat in vlamme is. Mostert se Meul is aan die bokant van Rhodes-rylaan, 'n paar blokke van Willemien Brummer se huis. Mostert se meul is in 1796 gebou en is die enigste volledige windmeul in Suid-Afrika. Foto: Verskaf


14:48

Willemien Brümmer, inwoner van Mowbray, wie se huis in Rhodes-rylaan is, het bevestig 'n deel van hul huis se dak het afgebrand. Sy sê ander huise in die omgewing is ook deur die brand beskadig, maar dit is moeilik om te bepaal hoe baie. Huise in Welgelegen-weg is ook beskadig.


14:42

brand
Die UK verspei dié boodskap aan studente.
brand


14:40 

Drie helikopters help steeds om te probeer om die brand onder beheer te bring.


14:38

Die Kirstenbosch Botaniese Tuin het sy tuine as voorsorgmaatreël gesluit.


14:35

Rhodes-gedenkteken
Vlamme woed gevaarlik naby aan die Rhodes-gedenkteken. Foto: Verskaf
Rhodes-gedenkteken
Die Rhodes-gedenkteken. Foto: Verskaf


14:34

Inwoners sê die Laerskool Hillcrest in Bollihope-singel in Mowbray word ook nou deur die brand bedreig. Dit is 'n paar blokke van Mostert se Meul af.


14:28

Anton Bredell, LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, sê die situasie is baie ernstig en nooddienste is bekommerd oor die wind wat stadig begin sterker waai.

Die brand het tot die boonste deel van die Universitiet van Kaapstad se kampus versprei en reddingswerkers sal inwoners dadelik inlig indien die situasie verander.

Intussen word mense gevra om nie naby die gebied te gaan nie.


14:18

brand
Die historiese Mostert se Meul, aan die bopunt van Rhodes-rylaan, is deur die brand vernietig


14:11

Die Universiteit van Kaapstad het bevestig hulle het alle inwoners van hul koshuise verwyder en na 'n veilige plek geneem.


14:09

Die Kaapstad-metro se rampbestuurdienste het bevestig hulle hou die brand dop.

In hierdie stadium is daar geen rede om van die huise te ontruim nie, maar inwoners moet alle vensters en deure toemaak.

As daar ‘n dreigende gevaar is moet inwoners hul tuine met ‘n tuinslang natmaak.

Volgens die dienste veroorsaak veldbrande baie rook en daarom moet almal baie versigtig wees om so min as moontlik aan die rook blootgestel te word.

Die rook irriteer jou oë, neus en longe. Kinders, swanger vroue en asmalyers en diegene met haartkwale moet baie versigtig wees.

Indien jy deur ‘n vertrek met baie rook moet gaan, bedek jou gesig met ‘n nat lap en beweeg so laag as moontlik deur die vertrek.


14:08

Johann Marais, woordvoerder van Wildernis-soek-en-redding, het bevestig hulle is op 'n gereedheidsgrondslag geplaas


14:07

Die restaurant, Rhodes Memorial Restaurant & Tea Garden, is erg beskadig.


14:06

Blykbaar brand dit nou reeds in twee van die geboue op die Universiteit van Kaapstad se kampus.Na wat verneem word veroorsaak die ikoniese plante wat op die geboue rank, groot probleme wanneer dit aan die brand raak


13:58

Werk met Vuur sê in 'n twiet die wind het van rigting verander en die vuur beweeg nou na die M3. Wees versigtig in die omgewing van Rondebosch en Newlands


13:47

Rhodes-gedenkteken
Die vlamme kruip ál nader aan die Rhodes-gedenkteken. Foto: Verskaf
Rhodes-gedenkteken
'n Brandweerman naby die vlamme. Foto: Verskaf


13:40

2020-07-15 NETWERK24 NUUS Die borsbeeld van Cecil
Die borsbeeld van Cecil John Rhodes in die Rhodes-gedenkteken waarvan die kop in 2020 afgesaag is. Foto: Jaco Marais
2020-07-15 NETWERK24 NUUS Die borsbeeld van Cecil
Die Rhodes-gedenkteken was in Junie 2020 ook in die nuus toe vandale die borsbeeld van Cecil John Rhodes in die gedenkteken se kop afgesaag het. Foto: Jaco Marais


13:38

Willemiem Brümmer, inwoner van Mowbray en joernalis, het saam met haar man en seun gevlug  weens die swaar rook en 'n moontlike bedreiging tot huise. Hulle woon in Rhodesrylaan en toe hulle buite die huis gaan staan en kyk het, het die brand reeds oor die M3 gespring. Sy sê dit blyk geboue was in gevaar, maar die branddienste het nog nie mense amptelik gevra om hul huise te ontruim nie


13:28


13:25

UCT Sports Centre fire in car park along M3

Posted by David Maralack on Sunday, 18 April 2021


13:23


13:16

So lyk dit by die Universiteit van Kaapstad naby die Sara Baartman-saal. Daar is nou ook gerugte dat koshuise op die kampus ontruim word.

brand
Die Sara Baartman-saal by die Universtiteit van Kaapstad. Foto: Verskaf


13:13

Inwoners van Rhodeslaan vlug uit hul huise voor die vlamme.


13:07 

Jessica Lyon, bestuurder van die restaurant by die Rhodes-gedenkteken, het bevestig sy en haar span van 20 lede is almal veilig weg van die perseel en  buite gevaar. "Dit is absoluut verskriklik," het sy aan Netwerk24 gesê. Sy kan nog nie meer inligting oor die omvang van die skade gee nie

brand
Die brand vanuit 'n ander hoek. Foto: Verskaf
brand
Die brand vanaf Milnerton-strand. Foto: Nadi Honiball


12:43

Drie helikopters is besig om ’n onbeheerde brand by die bekende Rhodes-gedenkteken te bestry nadat dit ’n deel van die teekamer by die restaurant verwoes het.

Maxine Bezuidenhout van die metro se verkeersdienste, sê verskeie strate in dié gebied is vir verkeer gesluit. Hulle is die M3 tussen Rhodes-rylaan en Unionstraat asook toe toegangspaaie tot die M3, wat insluit Woolsack- en Princess Ann-rylaan.

Jermaine Carelse, woordvoerder van die Kaapstad-metroraad, sê die brand-en-reddingsdepartement is om 08:45 na die brand ontbied nadat dit bo Philip Kgosana-rylaan begin het.

“Brandbestrydingspanne is dadelik na die toneel waar die brand van die Rhodes-gedenkteken na die Universiteit van Kaapstad versprei,” sê Carelse.

brand
Die rook van die brand kan van ver gesien word. Foto: Nadia Honiball

’n Deel van die teekamer is in die brand verwoes en mense word gevra om nie na hierdie gebied te kom nie.

Carelse sê meer hulpbronne is ontbied en is op pad om bystand te lewer.

Spanne van Working on Fire en Tafelberg- nasionale park gaan hulp verleen.

Intussen het Sanparke bergklimmers en stappers gevra om dadelik die gebied te verlaat en voertuie wat in die parkeerterrein van die Nuweland- en Rhodes-staproetes geparkeer is, moet dadelik verwyder word.

Volgens Sanparke is die brand in hierdie stadium buite beheer.

Hou Netwerk24 dop vir meer.

Die rookwolk kan vanaf die N2 ingaande baan gesien word. Foto: Verskaf
Groot rookwolke kan by die Rhodes-gedenkteken gesien word. Foto: Verskaf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.