Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Brand betyds geblus vir Kallis en Charlene se troue

Reën het die oud-Protea Jacques Kallis se troudag van rampspoed gered. Die legendariese krieketspeler is gisteraand met sy Noord-Kaapse nooi, Charlene Engels, getroud.

Jacques en sy Charlene. Foto: Instagram

Maar Vrydag het dit gelyk asof die troue van die baan was toe die deftige Bona Dea-landgoed, waar hulle sou afhaak, inderhaas ontruim moes word weens die brande in die Overberg-distrik.

Die brande het inderdaad Vrydag tot by die spoglandgoed gekom en skade aangerig, maar reën en gunstiger windtoestande het die vuur oornag genoeg laat bedaar dat die troue kon voortgaan.

“Die venue staan nog en vanaand se troue gaan voort,’’ het Rina de Wet, algemene bestuurder van Bona Dea gisteroggend aan Rapport bevestig. Sy het gesê van die tuine en ’n ander gebou op die landgoed het wel gebrand.

Die skilderagtige Hemel-en-aarde-vallei waar die landgoed geleë is, was gister nog in dik rookwolke gehul. ’n Helikopter het in die omgewing gedreun en water gegooi.

Dieselfde rukwinde wat die brande in die omgewing aangevuur het, het gistermiddag ’n pergola omgewaai wat met wit blommetjies versier was vir die troue.

Gaste het gistermiddag met hul aankoms ’n mengeldrankie by ’n oranje kombi gekry voordat hulle met die tuintrappies op na die spoggerige onthaalarea gestap het.

Die bome is met wit lanterns versier en kelners het met oranje borslappies reggestaan om die gaste te bedien. Johann Rupert is onder die bekendes wat die luisterryke troue bygewoon het.

Nick Nicolaou van Events by Nick, die paartjie se troukoördineerder, het op Instagram gesê sy wens vir hulle is dat hulle altyd “die vure laat brand”.

“Julle albei het my gewys dat liefde die magtigste emosie is want sonder liefde is niks moontlik nie!” skryf hy.

Nicolaou het Vrydag foto’s gedeel van 300 wit krismisrose van Spanje en 200 spierwit orgideë uit Singapoer wat gebruik is vir die blommerangskikkings.

Kallis en Engels is sedert 2015 in ’n verhouding en het verlede jaar verloof geraak.Hy het in 2014 finaal uit internasionale krieket getree.

Hy was voorheen verloof aan Cindy Nell, die voormalige Mej. SA, het lank uitgegaan met die model Shamoné Jardim en toe ’n ruk met die model Kim Rivalland.

Volgens Engels se LinkedIn-profiel is sy ’n handelsmerkbestuurder by Gruppo Campari.

  • 31 huise in Bettysbaai en 12 800 ha natuurlike veld is in die brande verwoes. Teen gistermiddag was die brande onder beheer.
Meer oor:  Charlene Engels  |  Jacques Kallis  |  Huwelik
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.