Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
KYK: Brand by Houwhoekpas ‘buite beheer’

’n Brand naby die bedrywige Houwhoekpas op die N2 het Donderdagaand buite beheer gewoed.

Twee helikopters gooi water op die gebied wat brand. Foto: Jaco Marais

Die brand woed in die Botrivier- en Houwhoekpasgebied, het Lauren Howard, woordvoerder van Werk met Vuur Donderdag gesê.

Brandbestryders veg Donderdagmiddag onverpoosd teen die brand Foto: Jaco Marais

“Ons het tans brandbestryders daar.”

Hoewel inwoners tot dusver nog nie gevra is om te ontruim nie, was Overberg en Overstrand se brandweerpersoneel op pad om die brande te blus.

Die Groter Overstrand se brandbestrydingsvereniging het op Facebook gesê die wegholveldbrand is buite beheer.

“Grondeienaars, Overstrand en baie ander lugbronne is besig om die brandweer by te staan.”

Reinard Geldenhuys, brandweerhoof vir die Overberg-distrik, het Donderdagaand gesê die brand het omstreeks 13:00 by ’n treinspoor begin en in die rigting van die bekende Houw Hoek-hotel beweeg.

“Ons kon dit darem afweer, maar die wind het opgesteek en vlamme het na die Houwboekberge versprei waar ons dit nou bestry,” sê Geldenhuys.

Niemand is nog in die brand beseer nie.

Volgens Geldenhuys het brandbestryders daarin geslaag om die brand langs die N2-snelweg onder beheer te bring. Daar is ook van twee helikopters gebruik gemaak om die brand te beveg. Die brand is slegs ’n paar kilometer van die een af wat onlangs in die Bettysbaai-omgewing uitgebreek het.

Brandbestryders probeer om die vlamme in bedwang te kry. Foto: Jaco Marais
’n Heikopter gooi water oor die vlamme. Foto: Jaco Marais
Brandbestryders Donderdagmiddag laat op die toneel in die Houw Hoek-omgewing waar alles moontlik gedoen is om die brand in sy spore te stuit. Foto: Jaco Marais
Meer oor:  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.