Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Brand in JHB-gebou onder beheer

Brandbestryders van Johannesburg, Tshwane en Ekhuruleni het die brand in die Bank van Lisabon onder beheer gebring.

Nana Radebe, woordvoerder van die Johannesburgse mediese nooddienste, sê brandbestryders was Donderdagmiddag besig om soveel moontlik kartondose en papiere uit die brandsone te verwyder.

Altesaam sewe brandweerwaens, drie hyskrane en 50 brandbestryders was Donderdag op die toneel.

Twee Oryx-helikopters van die Suid-Afrikaanse lugmag het oor die gebou gesirkel en is op bystand geplaas om waterbomme op die gebou los te laat indien nodig.

Michael Sun, lid van die Johannesburgse burgemeesterskomiteelid vir openbare veiligheid, sê brandbestryders sal vir ’n tweede nag by die gebou

waak.

Voetgangers het Donderdag buite die afgesperde gebied om die gebou toegekyk hoe brandbestryders die 16de verdieping met water deurdrenk.

Die water het teen die gebou afgeloop terwyl mense met hul selfone foto’s geneem het van die wolkekrabber wat om sy boonste vloere pikswart van die roet is.

Meer oor:  Jhb-Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.