Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Brand by Jonkershoek geblus

Die brand by Jonkershoek in die Stellenbosch-gebied is geblus.

“Ons is besig om ’n finale verklaring bymekaar te sit oor die brand. Ons hoop om dit teen môreoggend vroeg te kan uitstuur,” het Jo-Anne Otto, woordvoerder van die Kaapse Wynlande-distriksmunisipaliteit, by navraag gesê.

Sy sê hulle is “dankbaar dat die brand geblus is”.

Brandspanne spook Sondag teen die vlamme. Foto: Jaco Marais

Die brand het langer as ’n week in die Franschhoek-omgewing gewoed en na die Jonkershoekvallei in Stellenbosch versprei. Op Vrydag 26 Februarie het die brand die bopunt van die Jonkershoekberge bereik. Dit is deur ’n kombinasie van sterk wind en digte plantegroei aangedryf.

Daar was geen lewensverlies of skade aan eiendom nie. Twee brandbestryders wat beseer is, is in die hospitaal opgeneem.

Die opruimingswerk is deur die distriksmunisipaliteit en CapeNature behartig.

Die Stellenbosch-munisipaliteit het vandeesweek op sy Facebook-blad gesê die brand het deur meer as 13 000 ha plantegroei beweeg.

Anton Bredell, Wes-Kaapse LUR vir plaaslike ontwikkeling, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, het vandeesweek in ’n verklaring gewaarsku dat weerstoestande in groot dele van die Wes-Kaap warm en winderig bly. Dit skep ’n groot gevaar vir nog brande. Inwoners word gevra om rook en vure so gou moontlik aan te meld deur 112 te skakel.

Meer oor:  Jonkershoek  |  Brand  |  Opruimingswerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.