Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Brand: Huise by Greyton tydelik ontruim
Rook trek Dinsdagmiddag naby huise in Greyton in die Overberg. Foto: Johann van Tonder

Mense is Dinsdag tydelik uit huise en gastehuise in Greyton in die Wes-Kaap verwyder terwyl ’n brand wat reeds ’n week lank noord van die dorp woed, omliggende eiendomme beskadig het.

Die mense is ná ’n uur of twee toegelaat om terug te keer, sê Reinhard Geldenhuys, Overbergse brandweerhoof.

Warm weer en stormsterk wind het daartoe bygedra dat die brand na die rigting van Greyton en Genadendal versprei het. Twee huise en twee store het in die slag gebly.

Geldenhuys het bevestig bewerings dat twee kinders die brand verlede week gestig het, word ondersoek.

Die brand woed sedert 11 Desember in die omgewing van die Greyton-natuurreservaat, waar dit by tye in die rigting van Genadendal en Riviersonderend versprei het. Dit woed ook in bergagtige dele waar dit nie bereik kan word nie.

Dik rookwolke kon Dinsdagmiddag ook van die N2 af by Riviersonderend gesien word.

Volgens Geldenhuys sal die brand na verwagting nog ’n paar dae woed, ondanks die verwagting van reën Woensdag. Hy het daarop gewys dat die brand Saterdag voortgewoed het, selfs toe dit gereën het.

Besoekers is ook daarop gewys dat alle staproetes om Greyton weens die veldbrande gesluit is.

Die vuur het oornag oor die Boesmanskloofroete in die reservaat gespring en is deur die dag deur ’n sterk noordwestewind aangeblaas.

Kik hier om na die video te kyk. 

Brandbestryders spook Sondag teen ’n brand in die berge noord van Greyton in die Wes-Kaap. Dinsdagmiddag is mense tydelik uit huise in Greyton verwyder toe die brand in die dorp se rigting versprei het. Foto: Facebook (Greater Overberg FPA)
’n Dik rookwolk is sigbaar vanaf die N2 by Riviersonderend in die rigting van Kaapstad. Foto: Kenny Africa
Groot dele van die veld en berge noord van Greyton was Dinsdagmiddag in rook gehul. Foto: Johann van Tonder
Rook trek uit ’n kloof by Greyton in die Wes-Kaap in ’n foto wat op 12 Desember op sosiale media gedeel is. Foto: Facebook (Greater Overberg FPA)


Meer oor:  Greyton  |  Brande
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.