Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Brand in Alexandra in Jhb laat talle dakloos

Dosyne mense is Donderdag dakloos gelaat toe ’n brand dele van Alexandra in die noorde van Johannesburg in puin gelaat het.

Vlamme en rook in Alexandra.Foto: Twitter / Joe Komane

Die brand het omstreeks 16:00 ontstaan en die oorsaak daarvan is nog nie bekend nie. Na wat berig word het inwoners brandbestryders gehelp om brandslange by verskillende dele van die digbevolkte township te kry.

Magtelose inwoners kyk na die vlamme.Foto: Twitter / Alex FM 891 Official

’n Plaaslike raadslid het Donderdagaand aan eNCA gesê daar is nog geen berigte van ernstige beserings nie, maar dat sowat 500 plakkershutte deur die brand geraak is. Minstens 150 plakkershutte is heeltemal verwoes.

Robert Mulaudzi en Nana Radebe, woordvoerders vir die Johannesburgse nooddienste, kon nie dadelik vir verdere kommentaar bereik word nie.

Meer oor:  Alexandra  |  Johannesburg  |  Brand  |  Dakloos
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.