Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Brand in bedwang, pad tussen Gordonsbaai, Rooiels oop

Die R44 tussen Gordonsbaai en Rooiels is Vrydagoggend weer oopgestel vir verkeer nadat die brand tussen Kogelbaai en die Steenbrasriviermond in bedwang is.

Die Kaapstad-metro het teen 10:45 bevestig dat die pad vir verkeer in albei rigtings oopgestel is.

Theo Layne, woordvoerder van Kaapstad se brand-en-reddingsdienste, het om 07:30 gesê die brand aan Kaapstad se kant is grootliks in bedwang gebring en slegs enkele brandpunte het gedurende die aand opgevlam.

Brandbestryders het oornag die brand in die omgewing gemonitor en teen die oggend was net agt brandbestryders van die Kaapstad-metro nog op die toneel.

Die R44 (Clarence-rylaan) was sedert Saterdagaand tussen Gordonsbaai en Rooiels gesluit en die verkeer is op die N2 oor Sir Lowryspas herlei.

Sedert verlede Vrydagmiddag is die Kogelberg-reservaat ook weens die brand gesluit.

Die Overstrand-munisipaliteit het om 01:30 ook bevestig dat die R43 tussen Franskraal en Masikane weer oopgestel is nadat dit die vorige aand om 20:15 weens digte rook gesluit is.

’n Veldbrand woed al sedert Nuwejaarsdag in die omgewing van Bettysbaai en Pringlebaai. Dit was na bewering veroorsaak deur iemand wat ’n fakkel afgevuur het.

’n 34-jarige man is in verband met die brand in hegtenis geneem.

Teen verlede naweek het die brand in die rigting van Gordonsbaai versprei en oor die Kogelberg tot langs die R44 gewoed. Digte rook het deur die week vanaf Kogelbaai oor Kaapstad en die omliggende gebiede getrek.

Minstens 11 500 ha is al in dié brand verwoes.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.