Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Deel van burgemeester se huis in puin gelê

Sy is net dankbaar hulle lewe.

So het Antoinette Steyn, burgemeester van die Breedevallei-munisipaliteit in Worcester, Dinsdag gesê.

Steyn en haar man, Koos, het verlede Dinsdag ’n noue ontkoming gehad toe ’n deel van hul huis en een van hul voertuie in puin gelê is. Die brand is vermoedelik deur ’n kortsluiting veroorsaak.

Steyn het gesê die brand op 1 Junie het omstreeks 20:30 ontstaan. Dit was kort nadat beurtkrag in Worcester ingeskop het. “Ons vermoed dit was in die motorhuis.”

Die gedeelte van Koos Steyn en sy vrou, Antoinette, se huis in Worcester wat verlede Dinsdag ná ’n kortsluiting uitgebrand het. Dié motor het ook in die slag gebly. Foto: Verskaf

Sy het gesê hulle het ’n ontploffing gehoor.

“Toe ons by die agterdeur uitgaan, was die garage reeds aan die brand en ons kon nie daarin slaag om die kar uit te kry nie.”

Die voertuig het aan die brand geslaan en dit het toe ontplof.

Volgens Steyn het haar man tot hul redding gekom.

“Ek was te emosioneel en kon nie veel uitrig nie. Dit was Koos wat op sy voete gedink het,” het sy gesê.

Koos Steyn en sy vrou, Antoinette, wat Dinsdag ’n noue ontkoming gehad het toe ’n gedeelte van hul huis afgebrand het. Foto: Facebook

Sy het agterna eers besef hoe gelukkig hulle was. “Ek was baie emosioneel en dit was vir my traumaties om te staan en kyk hoe ’n groot deel van ons huis voor ons oë afbrand.

“Gewoonlik sien ’n mens hoe dit met ander mense gebeur. Dié keer was dit ons en ons besef hoe gelukkig ons is met ons familie en vriende wat onmiddellik kom help het.”

Sy het agterna eers besef dat haar hande nerfaf is en dat sy ook wonde aan haar gesig het. “Maar ons is gelukkig en die Vader was goed vir ons.”

Hulle wag nou op die assessor om die skade en die oorsaak van die brand te bepaal.

“Daar het baie sentimentele goed uitgebrand en daar is baie skade aan die huis, maar ons is gelukkig dat ons nie beseer is nie.”

Meer oor:  Worcester  |  Huis  |  Burgemeester  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.