Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Brand op Otter onder beheer

’n Brand op ’n deel van die Otter-wandelpad in die Tsitsikamma-gebied van die Tuinroete Nasionale Park was Vrydag grotendeels onder beheer, maar het nog op plekke gesmeul.

Die brand wat nog smeul op ’n deel van die Otter-wandelpad in die Tsitsikamma-gebied van die Tuinroete Nasionale Park. Foto: Sanparke

Die brand het Donderdag ontstaan op ’n deel van die roete – dag 2 – van die Otter-wandelpad, dieselfde gebied waar ’n brand verlede maand ook uitgebreek het.

“Die brand is grotendeels onder beheer, maar smeul nog,” sê Nandi Mgwadlamba, woordvoerder van Sanparke.

Vroeër is bekend gemaak dat daar geen stappers op dag 2 van die roete is nie, want hulle stap net dag 1, 3, 4 en 5 weens die brand.

Volgens ’n vorderingsverslag van die Garden Route-distriksmunisipaliteit gaan opruimingswerk voort by ander brandgebiede in George en die omliggende gebied.

By Waboomskraal, Geelhoutboom en Jonkersberg gaan opruiming voort en die noordwestelike brandstrook word gepatrolleer vir brandende kolle.

By Goudveld en Sewe Passe word die brandstrook tot by Karatara dopgehou. By Diepwalle in die Knysna-gebied word opruimingswerk gedoen.

Vandeesweek tydens ’n besoek van Helen Zille, Wes-Kaapse premier, aan die Tuinroete het dit aan die lig gekom dat meer as 90 000 ha reeds die brande in die slag gebly het.

Noodleniging in die brandgebiede gaan voort, onder meer deur die organisasie Gift of the Givers wat kos en ander benodigdhede aan brandslagoffers versprei.

Meer oor:  Otter-Wandelpad  |  Voetslaanpad  |  Veldbrand  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.