Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Brand vernietig vleiland, plantasies
Vlamme woed in een van die plantasies by Lottering.

Die veldbrand wat Sondag tussen Coldstream en Lottering in die Oos-Kaap ontstaan het, het reeds 150 ha in die Tsitsikamma-gebied verwoes, wat plantasies en vleiland insluit.

’n Helikopter wat help met die brandbestryding maak gereed om die vlamme te blus.

Christo Herselman, bestuurder van die Sarah Baartman-Wes-brandbestrydingsvereniging, het Maandagoggend gesê hoewel die brand onder beheer is, word die Lotteringrivier se ravyn dopgehou sou die vlamme versprei.

“Die vleie is baie droog en die brand kan vinnig versprei. Dit is vanoggend (Maandag) windstil, so die rook hang net. Ons kan nog nie presies sien wat gebeur nie, maar ons hou dit dop,” sê Herselman.

Die brand het Sondagmiddag te midde van ’n warm bergwind in die padreserwe ontstaan, vermoedelik nadat iemand ’n sigaretstompie weggegooi het.

Die vlamme het hierna vinnig deur die veld en deur verskeie plantasies versprei.

’n Helikopter het sowat 40 houers water, waarvan elke houer sowat 1 200 liter water bevat, oor die vlamme uitgegooi.

Op die grond het brandspanne van Werk met Vuur (WoF), Sanparke en die Koukamma-munisipaliteit gehelp om die vlamme in bedwang te bring.

Herselman sê die 150 ha wat verwoes is, sluit vleilande en plantasies in.

“Daar is ’n klomp jong bome wat gebrand het. Dit is ’n groot verlies. Dit is net so goed soos ’n melkboer wat ’n dragtige koei verloor nadat hy reeds baie geld bestee het om die dier op daardie punt te kry.”

Benewens verdere monitering van die brand, sal opruimingswerk Maandag begin.

Digte rook het Sondagmiddag oor plantasies gehang nadat ’n veldbrand tussen Coldstream en Lottering ontstaan het.
Meer oor:  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.