Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Brand verwoes 45 plakkershutte in Kaapstad
Die brandweer op die toneel van die brand wat Saterdagaand in ’n informele nedersetting in Joe Slovo Park in Milnerton uitgebreek het.Foto: Verskaf
Die Kaapstadse munisipaliteit het Sondagoggend oog begin help om die gebrande oorblyfsels te verwyder.Foto: Verskaf

Meer as honderd mense is dakloos gelaat nadat ’n verwoestende brand Saterdag in ’n informele nedersetting in Joe Slovo Park in Milnerton, Kaapstad uitgebreek het.

Jermaine Carelse, woordvoerder van die brand- en nooddienste, sê die brand het omstreeks 21:00 ontstaan op die hoek van Hem- en Nomyayi-rylaan in Joe Slovo Park.

’n Beampte in die eerste brandweerwa op die toneel het nog hulp ingeroep toe hy sien hoeveel strukture aan die brand is.

Inwoners het Sondagoggend vroeg al begin om die rommel van die 45 hutte wat in die brand verwoes is, op te ruim en te red wat te redde is.Foto: Verskaf

“Nog twee brandweerwaens is uitgestuur. ’n Volwasse vrou is vir rookinaseming behandel en niemand anders is beseer nie.”

Die brand is net ná middernag geblus.

Charlotte Powel, woordvoerder van die Kaapstadse departement van rampbestuur, het Sondag gesê 45 hutte is in die brand vernietig, en dit raak sowat 130 mense.

Die stad is steeds besig om die terrein op te ruim.

Meer oor:  Milnerton  |  Kaapstad  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.