Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Brand-bestryders in Wes-Kaap het die naweek hard gewerk
Een van die helikopters van Werk met Vuur besig om ’n brand te blus. Foto: Verskaf

Brandbestryders van Werk met Vuur (WoF) in die Wes-Kaap het die naweek gespook om vier brande, aangeblaas deur sterk wind, in bedwang te bring.

’n Brand het Vrydagaand in Groenkloof naby Franschhoek uitgebreek.

“ ’n Vliegtuig en Huey-helikopter van WoF is ontbied om die provinsiale rampbestuursentrum en die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit te help om die brand te blus. Die Jonkershoek-span in Stellenbosch het Saterdag na die toneel teruggekeer om seker te maak dat dit nie weer opvlam nie,” lui ’n verklaring.

Limakatso Khalianyane, Wes-Kaapse woordvoerder van WoF, sê ’n brand het Saterdag by Kaaimansgat naby Villiersdorp ontstaan. ’n Huey-helikopter en vliegtuig is gestuur om die Overberg-distriksmunisipaliteit en die Groter Overberg by te staan.

“Die Hottentots-Holland-span het brandslaners op die grond gehad sowel as lugsteun.

“Ook hier is die gebied later dopgehou om seker te maak dat daar is geen verdere brandgevaar nie.”

’n Brand het Saterdag in Dwarsrivier in die Algerië-gebied uitgebreek, het Khalianyane gesê.

Water word op ’n brand neergelaat.Foto: Verskaf

Die brandslaners het gesukkel om dié brand in bedwang te bring en lugsteun is ontbied.

“Twee helikopters wat elk 1 000 liter water dra, en twee ander vliegtuie wat elkeen 3 000 liter water kan loslaat, het die vlamme geblus.”

Die Porterville-brandweerspan is Sondag uitgestuur om die gebied te monitor.

“Die brande het weer opgevlam weens die sterk wind en vliegtuie is weer ingespan. Die vlamme is uiteindelik geblus,” het Khalianyane gesê.

Die Valsbaai- en die Helderberg-spanne het Sondagoggend op ’n brand in Gordonsbaai gereageer. Dit is vinnig geblus.

Melany Duthie-Surtie, Wes-Kaapse bestuurder van WoF, sê dit was ’n besig naweek vir hul spanne.

“Ek wil ons brandweermanne prys vir die goeie werk wat hulle doen om die omgewing te beskerm en mense te beveilig.

“Ek wil ook mense vra om saam met ons te werk deur seker te maak dat hulle nie iets doen wat brande kan veroorsaak nie. Dit is baie hartseer as eiendom in brande vernietig word, veral in die feestyd.”

Meer oor:  Franschhoek  |  Werk Met Vuur  |  Brandbestryding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.