Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Brande: Beloning vir inligting oor afvuur van fakkel
Brandbestryders wat ’n brand in Karwyderskraal buite Hermanus bestry, maak seker dat die brand nie weer opvlam nie. Foto: Verskaf

’n Beloning is uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding van die persoon wat vermoedelik ’n fakkel in Bettysbaai in die Wes-Kaap afgeskiet het en sodoende ’n brand in die berge by Mooiuitsig veroorsaak het.

Die Overstrand-munisipaliteit het die beloning van R5 000 uitgeloof.

Lester Smith, brandweerhoof van die Overstrand-munisipaliteit, sê die noodfakkel, wat Dinsdag net ná middernag afgeskiet is, het in die Kogelberg-natuurreservaat beland waar die brand begin het.

Ongeveer 250 hektaar plantegroei is reeds vernietig. Smith sê sowat 45 brandbestryders met ses brandweerwaens help om die brand te bestry.

“Die brand woed steeds hoog in die berge en weens die wind wat van rigting verander, is die brand besig om opwaarts in die berg in die rigting van Pringlebaai te versprei.”

Die brand by Bettysbaai beweeg nou in die berge in die rigting van Pringlebaai. Foto: Verskaf
Ongeveer 250 hektaar plantegroei is reeds vernietig.

Hy sê die reën wat oornag in die streek geval het, het verligting gebring, maar die brand woed steeds en die wind tel steeds op. “ ’n Suidoostewind blaas nou die vlamme weg van die huise in Bettysbaai, maar ons hou ’n oog ingeval die wind weer van rigting verander.”

Smith sê op die oomblik is geen huise in gevaar nie en spanne wat langs die brandlyn ontplooi is, spook nou op drie punte om die brand wat weer opgevlam het, te blus.

Intussen sê Smith dat die wegholveldbrand wat op Kersdag in Karwyderskraal buite Hermanus ontstaan het, nou reeds vir nege dae woed.

Meer as 1 200 ha jong plantasies, landbougrond en fynbos is reeds vernietig.

“Ons het ’n span van Werk met Vuur van Bredasdorp ingekry om die brandweerspanne by te staan,” sê Smith.

Hy sê die ligte reën wat in die gebied geval het, het maar min gedoen om die brand in bedwang te bring.

“Die reën het lekker natgemaak, maar nie die brand in die berge geblus nie. Twee helikopters is gister (Dinsdag) weer ingespan om bystand te verleen.”

Meer oor:  Overstrand  |  Overstrand-Brande  |  Fakkel  |  Beloning  |  Brand  |  Brande
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.