Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Brande by Stellenbosch amper heeltemal in bedwang

Die veldbrande in die berge bo Stellenbosch is amper heeltemal geblus.

Die brande woed reeds langer as ’n week in die Franschhoek- en Stellenbosch-omgewing.

Ligte reën het met die brandbestryding gehelp, luidens ’n verslag wat Dinsdagoggend deur die Kaapse Wynlande-distriksmunisipaliteit uitgereik is.

Van die Jonkershoekvallei tot by Blaauwklippen is die brand heeltemal onder beheer, maar die gebiede sal vir die volgende 24 tot 48 uur gemonitor word.

Daar is ’n klein, smeulende gebied in die Banhoekkloof wat moeilik is om in bedwang te bring weens die ontoeganklikheid van die terrein. Grondspanne sal in die gebied bly om opvlammings te keer en met opruimingswerk voortgaan.

Brandspanne blus Sondag die vlamme. Foto: Jaco Marais

Die opruimingswerk word deur die distriksmunisipaliteit en CapeNature behartig.

Anton Bredell, Wes-Kaapse LUR vir plaaslike ontwikkeling, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, het almal bedank wat by die brandbestryding betrokke was. Dit sluit in spanne van Werk met Vuur (WoF), vlieëniers en kontrakteurs wat met lugbystand gemoeid was, spesifiek die Suid-Afrikaanse Weermag, wat ’n Oryx-helikopter gestuur het om die naweek te kom help.

Bredell sê die lugbystand en beter weerstoestande van Sondagmiddag het baie gehelp.

Geen eiendom is beskadig nie, maar twee brandbestryders wat beseer is, sterk in die hospitaal aan. Niemand is dood nie.

Bredell sê veldbrande het ook voorgekom in Swellendam, Botrivier en Overstrand, maar die Overberg-distriksmunisipaliteit en grondeienaars se vinnige optrede het ’n bergbrand verhoed.

Weerstoestande in groot dele van die Wes-Kaap bly warm en winderig, wat ’n groot risiko inhou vir verdere brande. Inwoners word gevra om rook en vure so gou moontlik aan te meld deur 112 te skakel.

Meer oor:  Anton Bredell  |  Stellenbosch  |  Veldbrande
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.