Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Brande eis 7 lewens, 439 huise

Owerhede sê die brande in die Knysna Plettenbergbaai omgewing is in bedwang gebring. Foto: Jaco Marais

Teen die tyd dat die brande in Knysna gister in bedwang gebring is, was sewe mense van die omgewing en in Plettenbergbaai dood.

In die “episentrum” van die Knysna-brand is 439 huise verwoes.

Boonop het Knysna nog net genoeg water vir 28 dae.

'n Driejarige seuntjie en ’n vierjarige dogtertjie was onder die slagoffers, asook twee vrywillige brandbestryders.

John Blaauw (63), ’n vrywillige brandbestryder van Hornlee in Knysna, is Saterdag dood toe hy gedoen het waarvoor hy bekend was: om ander mense te help, sê sy vrou, Katriena.

Die ma van ’n dogtertjie wat Woensdag dood gevind is, is Saterdagaand in die Tygerberg-hospitaal in Kaapstad aan haar beserings dood.

Catherin Matope se lyk is langs ’n dam in Welbedacht gekry, sê kapt. Malcolm Pojie, ’n polisiewoordvoerder.

Haar ma is vermis, maar is later in die Knysna-hospitaal opgespoor.

Sy is Vrydag na die Tygerberg-hospitaal oorgeplaas.

Die naam van die vrou, ’n Malawiër, sal later bekend gemaak word. ’n Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

Die afdraai na Simola en Eastford soos dit gister gelyk het. Foto: Jackie Kruger

Johnny Douglas, waarnemende munisipale bestuurder van Knysna, het gister gesê daar sal vandag voortgegaan word om die skade te bepaal.

“Die munisipaliteit moet nou toesien dat opruimingswerk gedoen word, soos om rommel te verwyder waar huise beskadig is.”

Hy vra dat mense water spaarsaam gebruik weens die tekort.

Vroeër is bekend gemaak dat die Akkerkloofdam by Knysna slegs 31% vol is.

Reinard Geldenhuys, voorvalbevelvoerder met die brandbestryding in Knysna, sê opruimingswerk in en om Knysna sal nog weke lank duur, indien nie maande nie.

Gister was geen eiendom meer in gevaar nie.

Eleanor Bouw-Spies, burgemeester van Knysna, het gesê skenkings stroom nou in en die uitdaging is om dit reg te hanteer.

n Streng proses word gevolg om toe te sien dat dit die regte mense bereik.

Volgens Bouw-Spies word veral slaapsakke, matrasse, en kleiner huishoudelike toestelle benodig.

Die Wes-Kaapse rampbestuursafdelling sê in ’n verklaring die brande in Barrington, Karatara en Elandskraal noord van Sedgefield, sowel as dié in Wit Lokasie, Concordia en Nekkies is in bedwang.

Daar was geen verliese in Buffelsbaai nie, maar in Brenton-on-Sea is talle huise beskadig.

Sedert Saterdag het nog ses huise in Knysna afgebrand.

In Bitou, wat Plettenbergbaai insluit, het nog 50 strukture afgebrand, maar ’n formele skadebepaling sal nog gedoen moet word.

Teen gister was dit nog nie veilig om terug te keer na gebiede soos Brenton-on-Sea, Buffelsbaai, Ganzvlei, Welbedacht en Fernwood by Pezula nie.

Berig is ontvang dat brande in Kranshoek en Kransbos opgevlam het, maar weer in bedwang gebring is.

Die brande wat sedert Vrydag die Thornhill- en Longmore-gebied naby Port Elizabeth teister, was gistermiddag grootliks in bedwang.

Die brande het Saterdag die lewe van Myrna van der Riet (72) en haar man, Walter (73), geëis. ’n Nadoodse ondersoek sal gedoen word, berig Lourens Schoeman.

Meer oor:  Knysna  |  Plettenbergbaai  |  Brandskade  |  Brande
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.