Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Brande: Verbrande hektare op na 200 000

Hoewel dit Vrydag nog plek-plek gebrand het in die Boshof-distrik waar nuwe brande hier en aan die Noord-Kaapse grens Donderdagaand ontstaan het, is die ergste onder bedwang gebring met die hulp van verskeie organisasies.

Die nuwe brande Donderdag het die aantal hektaar wat vernietig is, opgestoot tot 200 000 ha.

Die Skaapkraal-brande in die Hartswater-gebied asook by Boshof, het om en by 15:00 weer vlamgevat.

Johan Breytenbach, bestuurder van die Sambreel-brandbestrydingsorganisasie, sê daar is tans genoeg hulpbronne op die grond met twee spanne van Werk met Vuur (WoF) op die toneel.

Een van die brande in die Boshoff-omgewing Donderdag. Foto: Mlungisi Louw

Hy sê dit is moeilike weersomstandighede met die maksimum temperature diep in die dertigs en ’n sterk wind wat waai. “Die wind is vreeslik wisselvallig en dit is geweldig droog. Daar is ook ’n opbou van donderweer wat dit baie bevorderlik vir wegholveldbrande maak.”

Volgens inwoners het tot 80% van die plase in die Boshof-distrik verlede Vrydag afgebrand.

Betogers het een van die brande Sondag gestig toe hulle buitebande buite Hertzogville gebrand het. 17 mense het Maandag hiervoor in die hof verskyn.

Nog vier mense is volgens Frederik van Zyl, veiligheidskoördineerder van Vaalharts Landbou, Donderdagaand by Spitskop vasgetrek vir brandstigting. Die mans het in ’n goue Nissan Tiida met ’n Noord-Kaapse registrasienommer gery.

Intussen het die DA ’n beroep gedoen op Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, om die verbrande dele in die Vrystaat, Noord-Kaap en Noordwes as rampgebied te verklaar.

Die mosie is eenparig in die parlement aanvaar.

Brandbestryders het deur die nag reusebrande op die N12 na Warrenton en Boshof onder bedwang probeer bring.

“Die vliegtuie is vinnig in die lug en die opspoorders is in plek,” sê Breytenbach.

WoF het twee groot waterbomme wat drie ton water kan hou, Welkom toe gestuur om op bystand te wees. Hulle het ook twee landbou-vliegtuie (Air Tractor AT-802) gestuur om die brande te monitor.

Intussen stroom voer- en geldhulp uit alle oorde in.

Elana Bester van Vrystaat Landbou (VL) sê hulle word oorval deur die publiek wat hulp aanbied. Boere van die droogtegeteisterde Carnarvon maak reeds planne om skape aan die Wes-Vrystaatse boere wat geraak is deur die brande, te skenk.

Chris van Beljon (stet), die stigter van Boere Droogtehulp SA, sê minstens 50 vragmotors voer is op pad en sal Sondag in die Hertzogville-distrik aankom.

Gerugte dat vragmotors met voerskenkings aan die brand gesteek word, is onwaar, sê hy.

Meer oor:  Boshof  |  Veldbrand  |  Brande  |  Veldbrande
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.