Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Brandslaners verslae toe wind ‘alle hel laat losbars’
Bettysbaai
Die toneel van verwoesting op Bettysbaai. Foto: Jaco Marais

Spanne brandslaners wat vir dae aaneen 24-uur-skofte gewerk het om die brand by Bettysbaai te keer, was Vrydagmiddag verslae toe ’n stormsterk wind “alle hel laat losbars het”.

NCC-omgewingdienste, wat saam met spanne van Werk met Vuur, CapeNature, en munisipale brandweerdienste van die Overstrand en omliggende gebiede dag vir dag by Bettysbaai en in die veld in die Kogelbaai-natuurreservaat die brand bestry het, het Vrydagaand in ’n verklaring gesê hulle kon die laaste paar dae sien die einde van die brand is in sig.

“Maar toe kom die natuur en daar was byna niks wat hulle kon doen behalwe om met hul laaste energie alles te gee wat hulle kon nie.”

Volgens NCC se verklaring, wat op Facebook geplaas is, het hul brandspanne veelvuldige 24-uur-skofte gewerk sedert die brand begin het en ure hoog in die berge by die vuurlyn geveg teen die vlamme asook dié brande gemonitor waarby hulle nie kon uitkom nie.

Maar toe kom die natuur en daar was byna niks wat hulle kon doen behalwe om met hul laaste energie alles te gee wat hulle kon nie.

“Wat moeilik is, is wanneer ’n mens ’n oproep kry van een van jou beste brandbestryders wat al op ver plekke gaan help het om veldbrande te gaan keer, wat dan heeltemal emosioneel is en nou bevraagteken of hy en sy span meer kon gedoen het,” lui die verklaring verder.

“Wat antwoord ’n mens as jy weet daar is niks meer wat hulle kon doen nie. Nou moet hulle gaan rus met die wete dat baie mense soveel verloor het. Môre moet hulle reg wees wanneer hulle weer uitgeroep word.

“Dit is iets wat saam met die werk kom, selfs al doen ons ons beste. Soms is dit net nie genoeg om die brande te keer en die mense te beskerm wat ons dien nie.”

Die verklaring word afgesluit met NCC wat sê hulle gedagtes en gebede is by dié mense wat Vrydag hul huise verloor het.

Intussen het die Overstrand-munisipaliteit Vrydagaand gesê hulle is dankbaar vir die welkome reën wat uitgesak het en ook dat die wind bedaar het.

Een van talle voertuie wat uitgebrand het. Foto: Jaco Marais

Daar was teen Vrydagaand nog nie enige skadeberamings voltooi nie en die brandskade aan huise in Bettysbaai word nog bepaal. Dieselfde geld vir Franskraal.

By Northcliff en Hermanus Heights het ’n voorlopige skadeberaming gewys daar was min of geen skade aan geboue nie.

By Karwyderskraal en Hemel-en-Aarde word die skade ook nog beraam, maar die skade aan geboue blyk gering te wees.

Een persoon is in Bettysbaai beseer en na ’n hospitaal gebring.

Sale waar mense deurnag sou kon tuisgaan, sluit in die Sandbaaisaal (Hermanus), Crasullasaal in Bettysbaai, asook die Kleinmond-stadsaal.

Die publiek is bedank vir al die skenkings van kos asook mediese voorrade. Daar sou genoeg kos wees om mense gisteraand te kon help, hoewel daar nog komberse benodig word in Kleinmond en Bettysbaai.

* Noodnommers wat mense kan bel, is: 028 3122400, 028 3138000 en 028 3138996.

Nog een van die hartseer-tonele op Bettysbaai.Foto: Jaco Marais
Van die 30 huise wat Vrydagmiddag in die slag gebly het in die brand. Foto: Jaco Marais
Meer oor:  Franskraal  |  Bettysbaai  |  Skade  |  Verwoesting  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.