Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Cody hardloop rond ná brande

Knysna se beroemdste perd, Cody, rol weer in die gras rond en hardloop die wêreld vol.

Cody het 16 dae in die veld met brandwonde oorleef ná die verwoestende brande op 7 Junie en toe op sy eie met die N2 huis toe gestap.

Cody soos hy tans lyk. Foto:Verskaf

“Cody herstel ongelooflik goed,” het sy eienaar, Karen Rademeyer, gesê. “Die wonde in sy gesig word goed gesond en hy hardloop sterk en goed. Hy rol ook in die gras.”

Rademeyer het onlangs ’n video op Facebook geplaas waar Cody flink om die huis gehardloop kom nadat sy fluit. “Dit is my spesiale fluit wat ek altyd vir die ponies gebruik,” het Rademeyer bygevoeg. “Ons is baie trots op Cody. Hy is vasberade en het gewys die ding sal hom nie onderkry nie.”

Toe die brande op 7 Junie uitgebreek het, is Cody en nog vier ponies – Cheeky, Bella, Mila en Déjà Vu – in ’n nabygeleë plantasie ingejaag omdat hulle nie in die chaos wou toelaat dat mense hulle vang nie. Hulle is destyds wild op die plaas gevind toe Rademeyer-hulle die eiendom gekoop het.

Al die ander perde op Rademeyer se plaas, langs die N2 tussen die afdraai na Rheenendal en Buffelsbaai, is betyds na ’n plek van veiligheid gebring. Die plantasie waar die ponies was, het toe nog nie gebrand nie en Rademeyer-hulle het gemeen hulle sou die vyf later weer daar kry. Die wind het egter gedraai en die gebied waar die ponies die laaste keer gesien is, het uiteindelik vier dae lank gebrand.

Rademeyer het daagliks na die ponies gesoek en selfs termiese kameras, vliegtuie, ’n helikopter en hommeltuie ingespan. Cheeky en Bella se oorskot is intussen in die plantasie gekry, maar Mila en Déjà Vu word nog vermis. Rademeyer het egter nie moed opgegee nie. “Ons soek steeds na hulle,” het sy gesê. “Ek glo ons sal uitvind presies wat met hulle gebeur het.”

Mense met inligting kan 082 877 1716 of 081 360 7279 skakel.

Meer oor:  Perd  |  Knysna-Brande  |  Brande  |  Cody
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.