Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Dekriet: Opruiming duur voort ná veldbrand

Opruiming het Dinsdag voortgegaan in ’n gebied by Dekriet tussen Albertinia en Riversdal waar ’n veldbrand Sondag uitgebreek het.

’n Veldbrand Sondag in die Albertinia-gebied. Foto: Tippy Bouwer, Garden Route-distriksmunisipaliteit

Die veldbrand was teen Maandagoggend onder beheer, maar het later weer opgevlam weens sterk wind en warm weerstoestande. Teen Maandag omstreeks 20:15 was die vuurlyne onder beheer en opvlammings is deur die nag geblus.

Dinsdag het opruiming voortgegaan en is die gebied gemonitor om opvlammings te voorkom, volgens inligting van die Garden Route-distriksmunisipaliteit (GRDM).

Die GRDM sê die brand het gewoed in ’n stuk veld van 50 000 ha. Byna die helfte van die plantegroei in die gebied is verwoes.

Die N2 is Sondag in ’n stadium gesluit omdat digte rook motoriste se sig belemmer het, maar is later weer oopgestel.

Na wat verneem word het ’n brand van ’n week gelede vermoedelik Sondag opgevlam en toe weens sterk wind buite beheer geraak. Die brand het reg langs die N2 in die rigting van Riversdal versprei.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.