Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Dié 10 geboue is gevaarlik

Duisende staatsamptenare dreig om Maandag nie te werk in hul onveilige werksplekke nie.

Die Gautengse provinsiale regering het vandeesweek erken dat hy bewus is van nege van sy geboue in die Johannesburg middestad wat nie eens voldoen aan 50% van die veiligheidstandaarde soos bepaal deur die Wet op Beroepsgesondheid en –veiligheid nie. ’n Gebou moet minstens 85% haal om veilig te wees. Een van die geboue staan leeg, maar die ander huisves verskeie staatsdepartemente. Die geboue is:

* Die Bank of Lisbon-gebou, Sauerstraat 37, wat dié week gebrand het. Die kantore van die departemente van gesondheid, menslike nedersettings en samewerkende regering en tradisionele sake is in dié gebou.

* Simmondsstraat 30, waar die kantoor is van die Gautengse premier, David Makhura.

* Foxstraat 75, waar die Gautengse tesourie en die provinsie se e-dienste sit.

* Commissionerstraat 69 (Perm-gebou), met kantore van die departement van maatskaplike ontwikkeling.

* Die Thusanong-gebou op die hoek van Commissioner- en Lovedaystraat, waar personeel van die department van maatskaplike ontwikkeling werk.

* Commissionerstraat 77 (Corner House), waar die departement van infrastruktuur en ontwikkeling sit.

* Fraserstraat 10 (Sage-gebou), waar die departement van paaie en vervoer sit.

* Die Absa-gebou in Markstraat, waar daar kantore is van die departement van maatskaplike ontwikkeling.

* Die ou Reserwebank-gebou, wat leeg staan.

Die vakbonde Nehawu en PSA het gister aan Rapport gesê dat hulle geskok is deur Jacob Mamabolo, die LUR van infrastruktuurontwikkeling, se onthulling dat die geboue onveilig is.

Nehawu is al maande in ’n dispuut met die departement van gesondheid oor die Civitas-gebou in Pretoria, wat volgens die werkers in ’n treurige toestand is.

Sage-gebou
Perm-gebou
Bank of Lisbon
Corner House
Absa-gebou
Foxstraat 75
Simmondsstr. 30
Civitas-gebou

Talle werkers wat in die Bank of Lisbon-gebou was toe dit Woensdag aan die brand geraak het, kry nou terapie weens die skok. Volgens die vakbonde het hulle op 15 Augustus al hul lede wat by die Bank of Lisbon-gebou werk, aangeraai om weg te bly omdat die gebou gevaarlik is. “Ons kla al twee jaar oor die gebou, maar dit val op dowe ore,” sê Tahir Maepa van die PSA.

Die minister van gesondheid, dr. Aaron Motsoaledi, het Woensdag aan die vakbond kennis gegee dat hy ’n dringende aansoek gaan bring om die werkers te dwing om terug te gaan werk toe. Die aansoek sou Woensdagaand aangehoor word, maar dis uitgestel tot Donderdag. Nadat die brand uitgebreek het, het die minister die aansoek laat vaar.

Maepa sê hulle oorweeg nou om die departement te dagvaar.

Die EFF dreig om ’n moordklag teen die Gautengse regering in te dien oor die dood van die drie brandweermanne wat Woensdag in die Bank of Lisbon-gebou dood is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.