Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Du Toitskloof-berge: Gespook om brande te blus

Brandbestryders in die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit spook om ’n wegholbrand wat buite beheer in die Du Toitskloofberge woed, onder beheer te bring.

Jo-Anne Otto, munisipale woordvoerder, sê die brand is Dinsdagmiddag by Donkerkloof in Du Toitskloof aangemeld.

Brandbestryders spook om die brand in die Kaapse Wynland-gebied onder beheer te bring. Foto: Facebook, NCC Wildfires

Otto sê die Du Toitskloofpas is vir verkeer gesluit. Brandweerspanne het met die steun van helikopters en ander brandweervoertuie gekeer dat die brand oor die pad spring.

“Die ou pas sal egter tot verdere kennisgewing gesluit bly,” sê sy.

Otto sê aan die Fisantekraalkant is die brand na die rivier se kant toe gedryf, waar die rivier hopelik die verspreiding sal stop.

“Daar is grondspanne wat die toeganklike gebiede langs die vuurlyn bewerk, maar die lyn is weens die growwe terrein baie verbreek, wat brandbestryding bemoeilik.”

Otto sê die distriksmunisipaliteit se brandweerdienste word bygestaan deur lede van die Fire Protection Association (FPA) en CapeNature-spanne.

93 mense stry tans teen die brand. Dit sluit in 62 lede van grondspanne en 28 brandbestryders, asook 11 brandweervoertuie en drie helikopters.

Die Hugenote-tonnel is oop, maar die ou pas en tonnel sal gesluit bly tot verdere kennisgewing. Motoriste het dus geen ander keuse as om die tolpad te gebruik nie.

Volgens die owerhede het sowat 1 300 hektaar plantegroei en gemengde fynbos tot dusver gebrand.

Meer oor:  Du Toitskloof-Pas  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.