Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Du Toitskloof-brand woed voort

Die Hugenote-tonnel en die Du Toitskloof-bergpas op die N1 is Saterdag weens ’n wegholbrand wat tussen die Paarl en Worcester woed vir verkeer gesluit.

Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, sê motoriste wat na Worcester onderweg is, moet eerder alternatiewe roetes by Klapmuts of St. Lowry’s-pas gebruik.

“ ’n Baie sterk wind maak dit vir brandbestryders moeilik om die brand onder beheer te kry. Met al die rook is sigbaarheid swak. Motoriste moet asseblief die omgewing vermy,” sê Africa.

“Verkeer uit Worcester word via die R43-Wolseley/Ceres-roete herlei. Verkeer uit die Paarl word via die R44-roete in die rigting van Gouda/Wolseley herlei,” sê Africa.

’n Wegholbrand woed sedert Dinsdagmiddag tussen die Paarl en Worcester. Foto: Drakenstein Farm Watch-Facebook-blad

Jo-Anne Otto, woordvoerder van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit, sê brandbestryders se pogings om die wegholbrand onder bedwang te bring word belemmer deur ’n sterk wind.

brand
Die Paarl is toe onder die rook. Foto: Chantel Botha

“Ondanks die moeilike omstandighede het brandbestryders oornag daarin geslaag om die brand weg te hou van strukture. Niemand is tot dusver beseer nie. Sowat 6 000 hektaar gemengde fynbos is deur die brand verwoes,” sê Otto.

Sy sê alle beskikbare hulpbronne is op die toneel, wat 70 lede van die grondspanne, 40 brandbestryders, 18 brandbestrydingsvoertuie en vier helikopters insluit.

Die wegholbrand is Dinsdagmiddag by Donkerkloof in Du Toitskloof aangemeld.

brand
Rook is ook sigbaar waar die Boland-skoleatletiek in Dal Josaphatstadion gehou word. Foto: Chantel Botha

Meer oor:  Du Toitskloof-Pas  |  Hugenote-Tonnel  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.