Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Eienaar kyk hoe Spar in Stanford afbrand

Toe die Spar op Stanford in die Wes-Kaap Maandag in die vroeë oggendure deur ’n brand in puin gelê is, kon een van die eienaars net hulpeloos toekyk.

Glenn en Gianni Roodt is die eienaars van die Spar op Stanford. Foto: Gianni Roodt/Facebook

Glenn en Gianni Roodt (albei 36), besit die Spar al die afgelope agt jaar.

Glenn het Woensdag gesê die ondersoek na die oorsaak van die brand duur voort. Daar is nog geen nuwe inligting nie en hy verwag ’n antwoord teen Donderdag.

Lees ook: Spar in Stanford in brand verwoes

Hy sê die brand het omstreeks 04:00 uitgebreek en hy was teen 04:20 op die toneel. Die winkel het binne sowat 40 minute afgebrand.

“Ek het nie veel woorde nie, want dit is nie iets wat ons verwag het nie. Dit is ’n groot hartseer vir almal. Ons sal ’n nuwe winkel van die grond af moet bou.”

Hy sê hulle het 38 werknemers wat deur die brand geraak gaan word.

Die gemeenskap het intussen op sosiale media met die eienaars gesimpatiseer en baie sê dit is ’n groot verlies vir hulle.

Spar en OK is die grootste algemene handelaars op Stanford.

Die Spar in Stanford Maandag in die vroeë oggendure in ligte laaie. Foto: The Standford Hotel/Facebook
Meer oor:  Spar  |  Stanford  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.